Dinsdag 02 September 2014

Onderstebo-piesangkoek


Genoeg vir 8 – 10
Vir die piesangkaramel
• 300 g (360 ml) strooisuiker
• 4 – 5 ryp piesangs
• ¼ teelepel (1,25 ml) fyn kaneel
Koekbeslag
• 140 g (150 ml) sagte, ongesoute botter, plus ekstra om pan te smeer
• 180 g (320 ml) koekmeel
• 1½ teelepel (7,5 ml) bakpoeier
• 1 teelepel (5 ml) fyn kaneel
• 4 eiers, geskei
• 140 g (165 ml) strooisuiker
• 2 groot ryp piesangs, afgeskil en fyngedruk
Verhit oond tot 170 °C. Smeer boom en kante van losboompan met deursnee van 23 cm deeglik met ekstra botter en voer uit met bakpapier. piesangkaramel Plaas suiker en 150 ml water in swaarboom-pan en kook tot suiker smelt. Laat kook tot dit ’n dik goudbruin karamel vorm, maar pasop dat dit nie brand nie. Verwyder van hitte en gooi onmiddellik in gesmeerde koekpan. Kantel die pan sodat die karamel eweredig oor die bodem versprei word. Skil piesangs en halveer in die lengte. Rangskik op karamel in ’n mooi patroon, sny korter indien nodig en sprinkel kaneel bo-oor. koek Sif die meel, bakpoeier en kaneel saam in ’n bak. Klits die eierwitte in ’n aparte skoon bak styf tot dit punte vorm. Gooi botter en suiker in nog ’n groot bak en klop tot lig en donsig. Klits die eiergele stadig en een vir een bybottermengsel. Vou fyn piesangs in, gevolg deur droĆ« bestanddele. Vou eierwitte heel
laaste in. Skep beslag in koekpan bo-op karamelbasis en versprei eweredig. Bak 50 – 60 minute, of toets met pen of dit gaar is. Verwyder uit oond en laat paar minute afkoel voordat uit pan verwyder word. (Dis makliker om uit die pan te haal as dit nog warm is, want die karamelbasis word hard.) Trek met ’n dun mes al om die binnekant van die koekpan. Plaas ’n groot plat bord bo-op die pan, hou albei styf vas en keer om. Verwyder pan versigtig, asook die bakpapier. Sit warm voor.

Cabana Boekuittreksel Resep


Saam met lekker sterk koffie is dit die perfekte einde van ‘n heerlike maal
  • 2 groot eiers
  • 250 ml sonneblomolie
  • 250 ml sterk koffie
  • 1 x 650 g-boks sjokoladekoek-mengsel
  • 250 g donkersjokolade 
  • 45 ml botter, gesmelt 
  • 3 eiers, geskei
  • 60 ml versiersuiker
  • 250 ml sjokoladesous
  • 125 g bessies van jou keuse
Verhit die oond tot 180 °C. Voer ’n 30 cm-broodpan met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Meng eiers, olie en koffie goed in groot mengbak. Voeg koekmengsel by en meng tot gladde beslag. Gooi in broodpan en bak vir 30 – 45 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel en keer uit. Verdeel koek in twee lae. Voer broodpan met kleefplastiek uit en plaas een koeklaag onder in pan. Smelt sjokolade en botter saam in mikrogolfoond. Laat afkoel tot louwarm en roer eiergele een vir een by – as dit te warm is, gaan dit skif. Klits eierwitte tot sagte punte vorm en voeg versiersuiker by terwyl jy aanhou klits tot blink en styf. Vou by sjokolademengsel in. Skep mengsel dadelik in uitgevoerde pan. Plaas tweede koeklaag bo-op en laat stol vir 3 uur of oornag in yskas. Lig uit pan met behulp van die kleefplastiek. Plaas op opdienbord en verwyder kleefplastiek. Sit voor met sjokoladesous en bessies.
Aug_Cakes-5

Genoeg vir 1 groot koek
  • 2 piesangs, in ringe gesny
  • 2 groot eiers
  • 250 ml sonneblomolie
  • 250 ml sterk koffie
  • 4 piesangs, fyngedruk
  • 1 x 650 g-boks sjokoladekoekmengsel
Sous
  • 1 x 380 g-blik karamel-kondensmelk
  • 125 ml room of melk
Verhit oond tot 180 °C. Voer ’n 30 cmlosboomkoekpan met bakpapier uit
en spuit baie goed met kleefwerende kossproei. Pak piesangringe in die pan sodat die bodem heeltemal bedek is. Meng eiers, olie, koffie en fyn piesang saam in groot mengbak tot goed gemeng. Voeg koekmengsel by en meng tot gladde beslag. Gooi beslag oor piesangs en plaas in warm oond. Bak vir 35 – 40 minute of tot toetspen skoon
uitkom. Laat effens afkoel en keer uit. Sous Plaas kondensmelk en room in pot. Roer oor lae hitte tot gladde mengsel. Gooi oor koek en sit voor.
Foto's deur Donna Lewis
Bestanddele:
180 g (300 ml) bruismeel
40 g (75 ml) volroommelkpoeier
15 ml bakpoeier
2 ml sout
15 ml suiker
1 eier
250 ml water
15 g (15 ml) botter of margarien, gesmelt
Metode:
1. Sif die bruismeel, melkpoeier, bakpoeier, sout en suiker saam.
2. Klits die eier effens en meng met die water en botter of margarien.
3. Voeg die vloeistof by die meelmengsel en klop dit tot glad.
4. Smeer ‘n braaipan en verhit dit oor matige hitte (die braaipan moenie te warm word nie, want dan gaan die plaatkoekies te gou verbruin en nie deurbak nie).
5. Giet sowat 100 ml van die beslag in die pan en bak tot borrelrig bo en goudbruin onder (halveer die hoeveelheid beslag as jy 12 kleiner plaatkoekies wil bak). Keer dit met ‘n eierspaan om en bak die ander kant ook tot goudbruin.
Plaatkoekies Foto: perfectpancake.info (Charles Gold/CORBIS)

Sondag 31 Augustus 2014

CHOCOLATE CUPCAKES (FOR 12 CUPCAKES)

PREP AND COOK TIME: 55 MIN
DIFFICULTY : EASY
CANNOT BE FROZEN
Ingredients
125 g / 4 0.5 oz plain chocolate.
70% cocoa solids
55 g / 2 oz cocoa powder
225 g / 8 oz 8 oz self raising flour
1 tsp baking powder
55 g / 2 oz dark brown sugar
i pinch salt
225 ml / 8 fl oz milk
4 tbsp sunflower
1 egg beaten
1 tsp vanilla extract
TOPPING
150 g / 5 oz unsalted butter.
250 g / 9 oz icing sugar
1 tsp vanilla extract
few drops blue food colouring
 TO DECORATE
sugar pearls
chocolate wafer curls.

1 Heat the oven 200 (200 fan)place paper cases in a muffin tin.
2 Melt the chocolate  in a heatproof bowl over a pan of simmering (not boiling) water . Remove from the heat and beat in the remaining ingredients. Beat well.
3 Spoon into the paper cases and bake for about 15 minutes. then place on a wire rack to cool completely.
4 Beat the butter until soft and creamy. Sift in the icing sugar and beat well. Stir in the vanilla and food coloring and beat until smooth.
5 Spoon into a piping bag and pipe on top of the cakes. Sprinkle with sugar pearls and decorate with a chocolate curl.


Dinsdag 12 Augustus 2014

Sjokolade yskastert

Jy benodig:
  • 1 pakkie Romany Creams
  • 1 blik kondensmelk
  • 500ml chocolate chip joghurt.
Metode:
Breek genoeg van die koekies om ‘n kors onder in die bak te gooi. Meng die kondensmelk met die jogurt en gooi oor die koekies. Plaas in die mikrogolfoond vir 4.5minute op hoog. Laat staan om af te koel en plaas in die yskas tot dit koud is.

FEETJIEKOEKIES

Julle het nodig125 g meel
1 t (5 ml) bakpoeier
2 eiers, geklits
125 botter, kamertemperatuur
125 g strooisuiker
1 t (5 ml) vanieljegeursel
Versiersel
1 e (15 ml) water
1 e (15 ml) versiersuiker
1 druppel voedselkleursel
Maak so
1 Voorverhit die oond tot 190 ˚C.
2 Plaas 12 papierbakkies in die holtes van ’n muffinpan.
3 Sif die meel en bakpoeier in ’n bak.
4 Voeg die geklitste eiers, botter, strooisuiker en vanieljegeursel by die meelmengsel.
5 Klits dit met ’n elektriese klitser tot dit romerig is. As dit maklik van ’n lepel afval, is dit gereed.
6 Vul elke papierhouertjie met ’n teelepel van die mengsel.
7 Bak 20 minute in die voorverhitte oond.
8 Haal die koekies uit die oond en laat afkoel.
Versiersel
1 Meng 1 e water, 1 e versiersuiker en 1 druppel voedselkleursel.
2 Skep ’n klein skeppie versiersel in die middel van ’n afgekoelde feetjiekoekie en smeer dit netjies.
3 Versier dit met iets soets soos kersies, strooiversiersels of silwerballetjies, of selfs skryfversiersel.
vakansie gids