Dinsdag 30 September 2014

KOEKBALLE

Hierdie oulike idee het ek in 'n Huisgenoot gesien:
Koekballe is n slim manier om van oorskietkoek en -versiersuiker ontslae te raak, en kids is mal daar oor.
Oorskiet koek
Oorskiet botterversiersel
Sosatie- of roomysstokkies
Gesmelte witsjokolade en koekkleurselpoeier
Krummel oorskietkoek en roer botterversiersel deur die krummels.
Rol mengsel in balletjies en laat rus sowat 1 uur, of tot ferm in die yskas.
Steek n stokkie in elke balletjie en doop balle in gesmelte sjokolade. Laat staan regop en laat sjokolade stol. Versier balle met verskillende kleure kleurselpoeier of gekleurde strooisuiker.”In en Om die Huis

MELLOW CRISPIES

(Maak 40 Blokke)
125 G Margarien Of Botter
350 G Houer Rice Crispies
500 G Marshmallows
2 X 200 G Blok Sjokolade
Metode:
1. Plaas Margarien In Kastrol En Smelt. Voeg By Marshmallows En
Roer Tot Amper Opgelos/Gesmelt.
2. Voeg By Rice Crispies En Meng Goed Deur Tot Alle Crispies
Bedek Is. Giet Uit In 'N Gesmeerde Rolkoekpan En Druk Goed Vas.
3. Smelt Sjokolade En Smeer Oor Crispies Mengsel. Laat Stol. Laat
Die Hele Mengsel Stol Vir ±1 Uur En Sny Dan In Blokke
Wenk: Moenie Te Lank Los Om Te Stol Nie Anders Is Dit Te Hard.

REENBOOG JELLIE SWEETS

2 Blikkies Kondensmelk
160ml Gelatine (2/3 Kop)
5 Pkt Jelly (Verskillende Kleure)
Kookwater
Metode:
Meng Die Kondensmelk Met 1 En ¾ Kop Kookwater.
Voeg Die Gelatine By 1 En ¾ Kop Kookwater. Meng Tot Opgelos En Voeg
Dan By Die Kondensmelk Mengsel.
Plaas Elke Pakkie Jellie In Aparte Bakke Voeg Hierby 4 Teelepels
Gelatine En Voeg Net 300ml Kookwater By Elk. Roer Tot Opgelos.
Gebruik 33x22cm Bak (Pyrex Werk Goed) En Gooi Die Eerste Jellie
Hierin. Plaas In Yskas. Sal Stol Binne 5 Min. Gooi Dan Die Wit
Kondensmelk (‘N Kwart Van Die Mengsel)In ‘N Dun Lagie Booor Die
Gestolde Jellie Laag. Laat Stol. Hou Aan Met Die Lagies Tot Jy 4
Kondensmelk En 5jellie Lae Het.
Laat Stol Vir 30min. Sny Dan Dit In Blokkies 

PIZZAWIELE

1 rol (400 g) skilferkorsdeeg
1 ui, gekap
1 groen en 1 rooi soetrissie, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
'n Handvol sampioene, gesnipper
2 wiele fetakaas, gekrummel
'n Handvol vars kruie, gekap
Metode:
Voorverhit die oond tot 220 °C en voer 'n plaat uit met bakpapier. Rol die skilferkorsdeeg effens dunner uit. Braai die ui, soetrissies en knoffel in 'n bietjie olyfolie tot sag. Voeg die sampioene by en braai tot gaar. Laat afkoel en meng met die gekrummelde fetakaas en kruie. Skep die mengsel op die deeg en versprei egalig. Rol op soos 'n konfytrol. Sny in wiele en bak vir 10 minute tot goudbruin en gaar. Lewer 15 wiele 

POPCORN STROOP VIR POPCORN BALLE

190ml water
190ml goue stroop
1 kp suiker
¾ teel vanilla
¾ teel sout
60ml botter
Metode:
Kook suiker, stroop, water, botter en sout tot kraak stadium. Voeg die vanilla by. Gooi stadig oor popcorn tot alles nat is. Smeer hande effens met botter en maak balle.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kinderpartytjie-idees-resepte.html 



Popcorn balls: (10 balls)

1 packet of unsalted microwave popcorn
30ml syrup
50g unsalted butter
200g marshmallows
5ml vanilla
100g milk chocolate for dipping
100s and 1000s sprinkles
Skewers


Make popcorn and place it in a mixing bowl. Remove the kernels that haven't popped. Melt the butter in a saucepan and add the syrup, marshmallows and vanilla. Stir continuously. After the marshmallows have completely melted, pour over popcorn. Spray your hands with non-stick spray and create balls. Press firmly. Insert a skewer and dip into chocolate and sprinkles. Place balls on a baking tray lined with wax paper allow to cool.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kinderpartytjie-idees-resepte.html 

OMELET MET KAAS EN MAALVLEIS

(LEKKER VINNIGE AANDETE50 ml olyfolie
400 g beesmaalvleis
 
30 ml tamatiepasta
30 ml gekapte pietersielie 
1 groen of rooi soetrissie, ontpit en gesny 
3 sprietuie, gekap 
8 groot eiers, liggies geklits
 
50 ml melk
 
250 ml gerasperde mozzarella
 
1 Verhit 20 ml olie in ‘n groot pan en braai die maalvleis bruin. Voeg die tamatiepasta en pietersielie by en geur dit na smaak. Voeg die soetrissie by en braai dit tot sag. Voeg die sprietuie by en braai dit vir twee minute.
 2 Verhit twee kleefvrye panne oor matige hitte op die stoof. Gooi ‘n bietjie olie in elke pan. 
3 Klits die eiers en melk saam en geur dit. Voeg 100 ml kaas by. Gooi omtrent ‘n kwart van die eiermengsel in elke pan. Gebruik ‘n lepel en roer die eier liggies totdat dit amper gaar is. Laat dit dan vir nog twee tot drie minute bak. Hou die omelette in die oond warm terwyl jy die ander twee maak.

4 Skep van die maalvleismengsel op die een helfte van elke omelet. Sprinkel die res van die kaas oor en vou die ander helfte oor. Laat die kaas smelt en sit dit voor. 
Bron: Kos & Onthaal
 Plasing: Henriette Wessels

BASIESE OMELETTE

1. Gebruik 1 eier vir elke persoon en 1 e vloeistof (water of melk) vir elke eier.
2. Klits die wit van die eiers styf en sonder om die eierklitser te was, klits die geel van
die eiers tot dit liggeel van kleur is. Voeg die vloeistof en sout na smaak by die geel
van die eiers.
3. Vou die styfgeklopte wit van die eiers in die geel.
4. Verhit ʼn braaipan en smeer dit op die boom en aan die kante met botter of vet. Die
pan moet klein genoeg wees dat die eiermengsel nie te dun uitsprei nie en goed
kan rys.
5. Gooi die eiermengsel in die pan en maak dit gaar oor stadige hitte totdat dit
opgepof en ligbruin van onder is.
6. Laat die pan ʼn paar minute lank in ʼn matige oond staan tot die omelet bo-op droog
is. (As die omelet te lank bak, sal dit krimp en taai word.)
7. Maak ʼn duik in die meddel van die omelet met die agterkant van ʼn mes en maak
dit los van die kante van die pan met die mes.
8. Streek ʼn slaplem-mes onder die een helfte in en vou dit toe oor die een helfte in en
vou dit toe oor die ander helfte.
9. Laat dit versigtig op ʼn warm bord afgly en dien onmiddellik op.
VARIASIES
Kaas. Srooi gerasperde kaas met ʼn skerp geur oor die omelet net voordat dit toegevou of terwyl dit gaargemaak word.
Biltong. Strooi gerasperde biltong oor net voordat dit toegevou word.
Uie. Voeg 1 e fyngekapte ui en 1 t fyngekapte pieterselie by voordat die omelet-mengsel in die pan gegooi word.
Ham. Of enige soort koue vleis of pluimvee. Maal die gaar vleis fyn en verhit dit of braai effens bruin in warm vet en strooi dit oor die middel van die omelet terwyl dit gaar word.
Groente. Meng enige gaar groente, met witsous en gebruik as vulsel vir ʼn omelet.
Vis. Maak enige gaar vis fyn, voeg sout en perer by na smaak en maak dit klam met room. Verwarm die vis en sit dit op die omelet voor-dat dit toegevou word.
Pieterselie. Braai 1 tot 3 t gekapte pieterselie in ʼn bietjie botter en voeg dit by die eiermengsel.
???????????????????????????????