Maandag 03 November 2014

Maak: 1 x 20 cm-koek
Bereidingstyd: 25 minute
Baktyd: 30 minute
Oondtemperatuur: 180 °C

  • 125 ml (85 g) suikerplaasvervanger (soos Huletts sugalite)

  • 2 groot eiers

  • 65 ml sonneblomolie

  • 250 ml (140 g) koekmeel

  • 10 ml bakpoeier

  • 5 ml koeksoda

  • 500 ml (250 g) fyngerasperde wortel

Versiersel

  • 1 x 200 g-bakkie vetvrye gladde maaskaas

  • 50 ml vetvrye jogurt

  • 50 ml suikerplaasvervanger

1 Klits die suikerplaasvervanger, eiers en olie saam.

2 Sif die droë bestanddele en voeg dit om die beurt met die wortels by die eiermengsel.

3 Gooi die deeg in ‘n gesmeerde en gevoerde koekpan van 20 cm en bak dit vir 30 tot 35 minute in die verhitte oond.

4 Versiersel: Meng die maaskaas, jogurt en suikerplaasvervanger. Wag totdat die koek heeltemal afgekoel het en smeer die versiersel dan bo-oor.
Wortel-en-kaas-koek

Sjokolade-brownies


  • 50 ml (50 g) laevetmargarien

  • 2 groot eiers

  • 250 ml (110 g) koekmeel

  • 5 ml bakpoeier

  • 50 ml kakaopoeier

  • 25 ml kunsmatige versoeter (soos Equal)

  • 25 ml melk

  • 50 g suikervrye melksjokolade, gekap

1 Klop die margarien tot lig en donsig. Voeg dan die eiers een-een by en klop goed ná elke byvoeging.

2 Sif al die droë bestanddele saam en gooi dit om die beurt met die melk by die eiermengsel. Vou die sjokoladestukkies versigtig in.

3 Skep die mengsel in ‘n gesmeerde en gevoerde vierkantige koekpan van 20 cm en bak dit vir 20 tot 25 minute in die verhitte oond. Laat dit op ‘n draadrakkie afkoel. Sny dit in blokkies en bêre die brownies in ‘n lugdigte houer.

Gesondheidsbeskuit

Gebak vir diabete
Mielie souffle

2 blikkies roommielies
4 eiers
60 ml koekmeel
60 ml suiker
60 ml gesmelte botter of margarien
60 ml melk
Knypie sout

Meng alles saam in vuurvaste bak
Bak vir 60 min by 180'C

Heerlik saam met braai.
Tunagereg

2 blikkies tuna
1 blik Sampioenroomsop
2 eiers
1 250 gr tamatiesous skyfies

Verkrummel skyfies, meng met al die ander bestanddele.
Skep in oondvaste bak.
Bak vir 30 min by 180'C

Dinsdag 28 Oktober 2014

Whoopie Pies

Whoopie Pies 
125g botter
200g ligte bruin suiker
1 ekstra groot eier
5ml vanilla
280g koekmeelblom
7ml bakpoeier
2ml sout
60g kakao
40g mini sjokolade splinters
250ml karringmelk

Vulsel
125g Wit Malvalekkers
10ml koue water

Voorverhit oond tot 180C. 2. Sif al die droë bestanddele (Koekmeel,bakpoeier,sout & kakao) saam. Verroom botter en suiker en voeg eier by. 3. Voeg nou beurtelings die droë bestanddele en karringmelk by die bottermengsel. Geur met vanilla geursel . 4. Vou laastens die sjokolade splinters in. 5. Gebruik ‘n roomys skepper om die rou deeg op bakplaat te skep. Neem in ag dat dit taamlik uitsprei tydens die bakproses. Bak vir 12 minute totdat die bolaag terugspring as ‘n mens daaraan raak. 6. Laat afkoel . Pas nou twee –twee opmekaar, gereed om die vulsel in te sit. 7. Vulsel: Plaas Malvalekkers in mikro-vaste bak , tesame met die water. Mikrogolf vir 20 sekondes. Roer tot sagte mengsel. Laat effens afkoel . Gebruik nou as vulsel tussen twee koekies. 8. Rakleeftyd-3dae, kan vir 3 maande gevries word indien die produk individueel met plastiek bedek word. Variasie: Rooi fluweel Whoopie pies. Gebruik bostaande  : Voeg by 25 ml rooi voedselkleursel 180ml appelpuree by bogenoemde resep Verminder karringmelk tot 25ml .]

Pynappel Pannekoek

Bestanddele
1 x Soufflé Beslag (Sien resep in die afdeling)
1 Groot blik Pynappelstukkies
3 e Appelkooskonfyt
Metode
Dreineer die pynappel en hou die stroop eenkant. Plaas die appelkooskonfyt saam met 3 eetlepels pynappelstroop in kastrol en bring tot kookpunt. Prut vir 2 minute en hou warm. Vou pynapplestukkies in beslag en bak. Plaas pannekoeke opmekaar en bedien met sous apart.

Dinsdag 21 Oktober 2014

MAKLIKE AARTAPPELGEREG RESEP

'n Maklike Aartappelgereg resep
Bestanddele
- 8 medium aartappels
- 1 blik ingedampte melk
- 1 pakkie soppoeier [Hoenderroom, sampioen of aspersieroomsop]
- 2 groot uie
- 1 knoffelhuisie
- 250g spek
- Gerasperde kaas
Stoofplaat en Oond
Kook die aartappels in hulle skille tot dat dit gaar is en laat dit dan afkoel. Verwyder dan die skille en sny idie aartappels in plat skywe.
Kook die melk en soppoeier saam tot dit dik is.
Braai die ui, die knoffel en die spek saam.
Voeg die bo-genoemde by die sop.
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Pak nou lae aartappel in ‘n oondvaste bak en gooi die sop mengsel oor.
Laastens strooi kaas bo-oor aartappelgereg.
Plaas in die oond tot die kaas smelt.
aartapple-resepte