Sondag 22 Februarie 2015

Persian love cakes

If you're not a fan of rose water, these cakes would be equally delicious with a glaze made from orange blossom water or lemon zest. 
Makes 14

100g blanched almonds
100g pistachios
1/2 tsp ground cardamom
1/2 tsp ground cinnamon
150g butter, cubed
225g self-raising flour
185g castor sugar
3 eggs
225ml full cream plain yoghurt

Icing
100ml full cream plain yoghurt
2 cups icing sugar, sifted
Squeeze of lemon juice
Few drops of rose water, to taste

Preheat the oven to 180C. Grease and flour 14 small cannele or mini bundt molds (alternatively make a 20cm cake

 

Maandag 02 Februarie 2015


SJOKOLADE MOUSSE KOEK

Picture
SJOKOLADE MOUSSE KOEK
KOEKBESLAG:
500 ml koekmeel
375 ml suiker
20 ml bakpoeier
60 ml kakao
1 ml sout
4 eiers geskei en wit styfgeklits
275 ml olie
5 ml vanilla ess.
275 ml kookwater 
METODE:

Berei 2 x 20 cm koekpanne Sif meel,suiker,bakpoeier,sout,kakao saam Klits eierwitte tot styf
Klits eiergele,olie en ess saam en voeg by meel bestandele met Kookwater en meng goed Vou eierwitte in mengsel
Bak 25 tot 30 minute teen 180 C Wanneer koud sny koeklae in helfteVULSEL:
20 g gelatien
125 ml water
125 ml suiker
375 g blik caramel treat
250 ml vars room
250 ml Ideal melk verkoel vir 24 uur tot yskoud , dan klits dit dubbel die volume 
METODE:

Week gelatien in water oor bak met kookwater tot gesmelt en laat afkoel
Meng suiker in Klits vars room tot styf Klits ideal melk tot styf
Klits caramel treat tot glad Meng nou alles saam
Laat amper stol en smeer tussen koeklae
GANACHE:

versier met ganache
300 g donker sjokolade
250 ml vars room 
METODE:

Breek sjokolade in stukkies en smelt oor warm water
Roer room in tot glad
Laat effens afkoel en gooi bo-oor koek

SJOKOLADE KOEKLOLLIES (VAN OORSKIET KOEK)

Picture
250 g (2 k) oorskiet- of gekoopte vanielje- of sjokoladekoek
(of 5 - 7 vanielje- of sjokoladekolwyntjies of -muffins)
60 ml (¼ k) room
240 g (1¾ k) gekapte wit-, melk- of donkersjokolade
METODE
1) Kry jou bestanddele gereed.
2) Verkrummel die sjokoladekoek of muffins in ’n bak of plaas in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyn krummels.
3) Verhit die gekapte sjokolade en room saam in ’n bak in ’n mikrogolfoond teen 20% krag of op die ontdooistelling. Roer na elke minuut tot die mengsel gesmelt en glad is.
4) Roer die koek- of muffinkrummels in die sjokolademengsel terwyl dit nog warm is.
5) Druk die mengsel met ’n spaan plat.
6) Sit die bak 30 minute in die yskas vir die mengsel om styf te word.
7) Haal die mengsel uit die yskas en gebruik ’n spanspekballetjie-snyer of teelepel om ewe groot koekballetjies te skep. As die koekmengsel aan die balletjiesnyer of lepel kleef, doop dit in kookwater voor jy die mengsel uitskep.
Rol balletjies van die mengsel of maak verskillende vorms, byvoorbeeld vierkante, reghoeke, harte, keëls of silinders.
9) Plaas die balletjies of vorms op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en sit dit 15 minute in die yskas om effens af te koel.
10) Versier die koekballetjies en druk suiglekkerstokkies daarin.
Wenke:
Hierdie koeklolliemengsel kan in ’n lugdigte houer tot vyf dae teen kamertemperatuur of sewe dae in die yskas gebêre word.
Vir wit koeklollies, gebruik vanieljekoekkrummels en gekapte witsjokolade en vir donkersjokolade-koeklollies gebruik sjokoladekoekkrummels met gekapte donkersjokolade.
Die hele mengsel of die gerolde balletjies kan tot drie maande gevries word. Ontdooi die mengsel of balletjies oornag in die yskas voordat jy hulle versier.
Om tradisionele koeklollies te maak, meng 375 g (3 k) koekkrummels met 90 g (½ k) botterversiersel totdat jy ’n stywe mengsel verkry. As die mengsel te sag is, voeg nog koekkrummels by. As dit te styf voel, vermeerder die botterversiersel.
2414552.jpgSJOKOLADE KOEK MET VRUGTE 
SJOKOLADE KOEK MET VRUGTE
KOEK

500 g aarbeie of enige vars bessies of appelliefies, kleiner gesny indien nodig
1 plak (100 g) donkersjokolade,
in stukke gekap (opsioneel)
180 ml (¾ k) fyn amandels
750 ml (3 k) koekmeel
350-500 ml witsuiker
90 ml (6 e) kakao
10 ml (2 t) koeksoda
160 ml (²⁄³ k) olie
30 ml (2 e) asyn
10 ml (2 t) vanieljegeursel
500 ml (2 k) koue water
JOGURT-GANACHE
200 g (2 plakke) donkersjokolade, in stukkies gebreek
175 ml (1 houer) natuurlike jogurt
aarbeihelftes vir versiering (opsioneel)
METODE: 
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondpan.
KOEK 
Plaas die vrugte en sjokolade in ’n mengbak en voeg die amandels by. Hou eenkant.
Sif die droë bestanddele saam en maak ’n holte in die middel.
Klits die olie, asyn, vanieljegeursel en water saam in ’n ander bak en giet in die holte. Klits tot goed gemeng. Vou die vrugte, sjokolade en amandels in.
Skep in die oondpan. Stamp dit liggies om van die grootste lugborrels ontslae te raak en bak sowat 30-40 minute tot gaar en tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Bedek met tinfoelie as die koek te donker word.
JOGURT-GANACHE 
Smelt die sjokolade en meng met die jogurt.
Verkoel tot effens verdik, klop af en toe en skep oor die koek. Laat staan tot stewig. Sny in blokkies en versier met aarbeie indien verkies.



7772344.jpg
SJOKOLADE EN GUINNESS KOEK
SJOKOLADE EN GUINNESS KOEK 

Lekker klam en ryk.
(8 – 10 Porsies)
1 x 440 ml Guinness-bier
460 g (500 ml) botter
375 ml kakao560 g (1000 ml) koekmeel
420 g (500 ml) strooisuiker
15 ml bakpoeier
5 ml sout
4 eiers
190 ml suurroom
VERSIERSEL:
125 ml room
200 g donkersjokolade, grofgekap
2 x 220 g-houer roomkaas, liggies geklits
METODE:
Verhit oond tot 180 °C. Plaas bier, botter en kakao in middelslag- pot.
Bring tot net onder kookpunt oor lae hitte. Roer tot botter gesmelt is.
Sif meel, strooisuiker, bakpoeier en sout saam in middelslag-mengbak.
Klits eiers en room by biermengsel. Voeg mengsel by droë bestanddele en meng tot gladde beslag.
Verdeel tussen 3 x 20 cm-losboom-koekpanne, wat met kleefwerende kossproei gespuit is.
Bak 35 – 40 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Keer uit op afkoelrak.
Laat heeltemal afkoel. Sny koeklae se bokante met skerp mes gelyk.
VERSIERSEL:
Bring room tot kookpunt en gooi oor sjokolade.
Roer tot glad. Plaas eerste laag koek op opdienbord en smeer 1/3 van roomkaas oor.
Herhaal met res van koeklae en roomkaas. Gooi sjokoladesous oor en laat stol. Sit voor.

SJOKOLADE KOEK

Picture
SJOKOLADE KOEK
Maak:
 1 x 26 cm-koek
Bereidingstyd: 30 minute
Baktyd: 1 uur
Oondtemperatuur: 180°C
790 ml (440 g) koekmeel
125 ml (40 g) kakaopoeier
20 ml bakpoeier
260 ml (240 g) botter
370 ml (320 g) strooisuiker
4 groot eiers
275 ml melk
3/4 hoeveelheid botterversiersel of sjokolade-ganache (resep hier onder)
vars bessies vir versiering
METODE:
Sif die meel, kakaopoeier, bakpoeier en ’n knippie sout in ’n bak. Klop die botter en suiker saam tot lig. Voeg die eiers een-een by en
klop elke keer goed.
Vou die meelmengsel om die beurt met die melk by die botter- mengsel in tot alles net-net gemeng is. Gooi die beslag in ’n gesmeerde
en gevoerde koekpan van 26 cm of twee 20 cm-panne. Bak in die verhitte oond vir ’n uur of tot ’n toetspen skoon uitkom.
Haal uit die oond en laat in die pan afkoel vir 10 minute. Keer dan uit en laat heeltemal afkoel op ’n draadrakkie. Smeer botterversiersel
of sjokolade-ganache aan en versier met vars bessies.
SJOKOLADE GANACHE:Verhit 250 ml room in ’n kastrol oor lae hitte. Voeg 200 g donkersjokolade-stukkies by en roer tot gesmelt. Haal van
die plaat af en laat afkoel. Sit in die yskas tot verdik. Klop tot lig en glad.

SJOKOLADE KOEK 

Picture
SJOKOLADE KOEK 
8 eiers, geskei
420 g (500 ml) strooisuiker
250 ml sonneblomolie
250 ml warm water
280 g (500 ml) koekmeel
30 ml bakpoeier
60 ml kakao
5 ml sout
100 ml Frangelico-likeur, of enige ander van jou keuse
BOTTER VERSIERSEL 
500 g botter
650 g (1 250 ml) versiersuiker, gesif
80 ml kakao, gesif
250 g aarbeie
METODE:
Verhit oond tot 180 °C.
Spuit twee losboompanne van 30 cm elk met kleefwerende sproei en voer uit met bakpapier.
Klits eiergele en suiker goed in 'n middelslag-mengbak.
Voeg olie en water by en meng goed.
Sif droë bestanddele saam en meng by oliemengsel.
Klits eierwitte met 'n elektriese klitser tot sagte punte vorm en vou by beslag in.
Verdeel mengsel tussen twee panne en bak vir 30 - 35 minute of tot 'n toetspen skoon uitkom.
Sprinkel Frangelico oor en laat afkoel.
Room botter vir versiersel tot lig en romerig in jou elektriese menger.
Voeg versiersuiker en kakao by. Meng goed. Verdeel elke koek in twee helftes met 'n skerp mes.
Verdeel versiersel tussen elke laag en plaas op mekaar.
Eindig met versiersel bo-op.
Sit aarbeie op en sit voor.