Dinsdag 12 Augustus 2014

FEETJIEKOEKIES

Julle het nodig125 g meel
1 t (5 ml) bakpoeier
2 eiers, geklits
125 botter, kamertemperatuur
125 g strooisuiker
1 t (5 ml) vanieljegeursel
Versiersel
1 e (15 ml) water
1 e (15 ml) versiersuiker
1 druppel voedselkleursel
Maak so
1 Voorverhit die oond tot 190 ˚C.
2 Plaas 12 papierbakkies in die holtes van ’n muffinpan.
3 Sif die meel en bakpoeier in ’n bak.
4 Voeg die geklitste eiers, botter, strooisuiker en vanieljegeursel by die meelmengsel.
5 Klits dit met ’n elektriese klitser tot dit romerig is. As dit maklik van ’n lepel afval, is dit gereed.
6 Vul elke papierhouertjie met ’n teelepel van die mengsel.
7 Bak 20 minute in die voorverhitte oond.
8 Haal die koekies uit die oond en laat afkoel.
Versiersel
1 Meng 1 e water, 1 e versiersuiker en 1 druppel voedselkleursel.
2 Skep ’n klein skeppie versiersel in die middel van ’n afgekoelde feetjiekoekie en smeer dit netjies.
3 Versier dit met iets soets soos kersies, strooiversiersels of silwerballetjies, of selfs skryfversiersel.
vakansie gids

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking