Dinsdag 03 Junie 2014

Doodmaklike, doodeet-lekker koekies van Marlise Booyens
Bestanddele:
1kg botter (of goeie kwaliteit bak-margarien)
1kg meel
500g versiersuiker
Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C.
Room botter en versiersuiker tot baie lig met elektriese klitser of voedselverwerker – dit moet amper soos styfgeklitste room lyk. Roer die meel by. Rol uit (die deeg het ‘n lekker tekstuur, soos klei – kinders kan maklik daarmee werk). Druk vormpies van eie keuse uit. Bak vir 10-15 minute.
Dit maak vreeslik baie koekies!

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking