Dinsdag 03 Junie 2014

Sjokolade-en brandewyntert

1 groot tert
TERT:
Bestanddele:
187 ml (¾ k) kookwater
75 ml (5 e) kakao
4 ekstragroot eiers, geskei
250 ml (1 k) strooisuiker
187 ml (¾ k) olie
60 ml (4 e) melk
5 ml (1 t) vanieljegeursel
500 ml (2 k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
2,5 ml (½ t) kremetart
knypie fyn kaneel
1 ml sout
100 g (1 pakkie) pekanneute, gekap
STROOP:
380 g (1 blik) laevet-ingedampte melk
250 ml (1 k) sagte bruinsuiker
60 ml (4 e) brandewyn
BOLAAG:
385 g (1 blik) karamelkondensmelk
100 g (1 plak) donkersjokolade, gesmelt
125 ml ((½ k) room
Flake-sjokolade (opsioneel)
Wenk: Hierdie tert smaak net so lekker as ‘n nagereg. Sit dit louwarm voor.
Stel oond op 180°C.
Metode:
1. TERT: Meng water en kakao. Hou eenkant.
2. Klits eiergele en strooisuiker tot liggeel.
3. Roer olie, melk en vanieljegeursel by eiergeelmengsel.
4. Sif koekmeel, bakpoeier, kremetart, kaneel en sout.
5. Meng meelmengsel en kakaomengsel beurtelings by eiermengsel tot gemeng.
6. Klits eierwitte tot stywepuntstadium en vou by beslag in. Vou pekanneute in.
7. Skep beslag in groot reghoekige oondbak van 26 cm x 36 cm groot.
8. Bak vir 25 tot 30 minute of tot toetspen skoon uitkom.
9. STROOP: Begin solank met stroop sodra tert in oond gesit word.
10. Verhit ingedampte melk en bruinsuiker in kastrol tot kookpunt terwyl af en toe geroer word.
11. Draai hitte laer en laat oor matige hitte kook tot suiker opgelos is. Roer af en toe.
12. Laat sous vir 5 minute oor lae hitte kook. Roer brandewyn by en verwyder van hitte.
13. Gooi warm stroop bo-oor tert sodra dit uit oond kom.
14. BOLAAG: Roer karamelkondensmelk tot glad.
15. Voeg sjokolade by en meng goed.
16. Klits room styf en roer by sjokolademengsel.
17. Skep versiersel bo-oor tert wanneer dit amper heeltemal afgekoel is.
18. Sprinkel Flake-sjokolade bo-oor

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking