Dinsdag 28 Oktober 2014

Whoopie Pies

Whoopie Pies 
125g botter
200g ligte bruin suiker
1 ekstra groot eier
5ml vanilla
280g koekmeelblom
7ml bakpoeier
2ml sout
60g kakao
40g mini sjokolade splinters
250ml karringmelk

Vulsel
125g Wit Malvalekkers
10ml koue water

Voorverhit oond tot 180C. 2. Sif al die droë bestanddele (Koekmeel,bakpoeier,sout & kakao) saam. Verroom botter en suiker en voeg eier by. 3. Voeg nou beurtelings die droë bestanddele en karringmelk by die bottermengsel. Geur met vanilla geursel . 4. Vou laastens die sjokolade splinters in. 5. Gebruik ‘n roomys skepper om die rou deeg op bakplaat te skep. Neem in ag dat dit taamlik uitsprei tydens die bakproses. Bak vir 12 minute totdat die bolaag terugspring as ‘n mens daaraan raak. 6. Laat afkoel . Pas nou twee –twee opmekaar, gereed om die vulsel in te sit. 7. Vulsel: Plaas Malvalekkers in mikro-vaste bak , tesame met die water. Mikrogolf vir 20 sekondes. Roer tot sagte mengsel. Laat effens afkoel . Gebruik nou as vulsel tussen twee koekies. 8. Rakleeftyd-3dae, kan vir 3 maande gevries word indien die produk individueel met plastiek bedek word. Variasie: Rooi fluweel Whoopie pies. Gebruik bostaande  : Voeg by 25 ml rooi voedselkleursel 180ml appelpuree by bogenoemde resep Verminder karringmelk tot 25ml .]

Pynappel Pannekoek

Bestanddele
1 x Soufflé Beslag (Sien resep in die afdeling)
1 Groot blik Pynappelstukkies
3 e Appelkooskonfyt
Metode
Dreineer die pynappel en hou die stroop eenkant. Plaas die appelkooskonfyt saam met 3 eetlepels pynappelstroop in kastrol en bring tot kookpunt. Prut vir 2 minute en hou warm. Vou pynapplestukkies in beslag en bak. Plaas pannekoeke opmekaar en bedien met sous apart.

Dinsdag 21 Oktober 2014

MAKLIKE AARTAPPELGEREG RESEP

'n Maklike Aartappelgereg resep
Bestanddele
- 8 medium aartappels
- 1 blik ingedampte melk
- 1 pakkie soppoeier [Hoenderroom, sampioen of aspersieroomsop]
- 2 groot uie
- 1 knoffelhuisie
- 250g spek
- Gerasperde kaas
Stoofplaat en Oond
Kook die aartappels in hulle skille tot dat dit gaar is en laat dit dan afkoel. Verwyder dan die skille en sny idie aartappels in plat skywe.
Kook die melk en soppoeier saam tot dit dik is.
Braai die ui, die knoffel en die spek saam.
Voeg die bo-genoemde by die sop.
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Pak nou lae aartappel in ‘n oondvaste bak en gooi die sop mengsel oor.
Laastens strooi kaas bo-oor aartappelgereg.
Plaas in die oond tot die kaas smelt.
aartapple-resepte

BASIESE SOUTTERT RESEP

'n Basiese souttert resep (4 – 6 porsies)
Enige bestanddele soos koue vleis, hoender of vis kan gebruik word om hierdie sout happie in iets besonders te omskep, oorskietvleis is ideaal vir die resep
- 15ml (1e) olyfolie
- 15ml (1e) botter of margarien
- 1 medium ui, grofgekap
- 250g kaasworsies, skywe gesny
- 125g knopiesampioene, skywe gesny
- 30ml (2e) vars gekapte kruie of 10ml (2 t) droë
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 250ml (1k) gerasperde cheddarkaas
- 2 ekstragroot eiers
- 200ml melk
- 45ml (3e) koekmeel
Stoofplaat en OondVerhit die olie en die botter in 'n swaarboompan. Voeg die ui by en braai dit vir ’n paar minute lank totdat dit sag en effens bruin is.
Voeg dan die gesnyde worsies, sampioene, kruie en geurmiddels by en braai liggies. Haal van die plaat af en laat dit 'n tydjie afkoel.
Meng die kaas by en skep in ’n oondvaste bak van omtrent 18cm in deursnee en plaas in 'n voorverhitte oond teen 180 °C.
Klits dan die melk, eiers en meel saam en gooi oor die uiemengsel in die oondvaste bak.
Bak dit vir omtrent 25 minute teen ongeveer 180 °C of tot dit geset het en goudbruin is.
Alternatief
Die worsies kan vervang word met enige ander vleis soos maalvleis, streepspekvleis of gekapte ham.
Vir ’n vegetariese opsie gebruik groente soos spinasie, aspersies, kersietamaties of preie.
souttert-resepte

OUMA SE MELKTERT RESEP

MELKTERT vir 2 middelslag-terte.
Kors:
- 125g botter/margarien
- 50g (60ml) witsuiker
- 1 eier
- 275g (500ml) koekmeelblom
- 10ml bakpoeier
- knypie sout
Vulsel:
- 1,5l melk
- 50g (60ml)botter/margarien
- 4 eiers
- 200g (250ml) witsuiker
- 70g (150ml) mielieblom
- 70g (125ml) koekmeelblom
- knypie sout
- 5ml vanieljegeursel
- kaneel
Oond en Stoofplaat
Begin deur die botter oor n lae hitte te smelt.
Roer dan die suiker en eier daarby en sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam en meng dit met die eiermengsel.
Druk die deegmengsel in 2 tertbakke in en prik die korse.
Bak die korse vir ongeveer 10 minute, teen 180C.
Kook die melk en botter saam in ‘n dikboomkastrol.
Klits die eiers en suiker saam totdat dit liggeel en sponsagtig dik is.
Voeg die koekmeelblom, mielieblom, sout en vanieljegeursel by bo-genoemde en klits verder totdat daar geen klonte is nie.
Klits nou ‘n bietjie van die kookmelkmengsel by die eiermengsel en klits dan al die eiermengsel by die kookmelkmengsel.
Plaas die mengsel terug op die stoofplaat en roer dit vinnig totdat dit weer kook.
Haal van die stoofplaat af, bedek, en laat vulsel ‘n paar minute staan.
Gooi nou die warm vulsel in die korse en gooi kaneel bo-oor.
Bak die terte dan vir ongeveer 10 minute lank verder.
‘n Bietjie ekstra suiker kan oor die vulsel gestrooi word, indien verkies
.melktert-resepte

MAKLIKE BOBOTIE RESEP

BESTANDELE:
GROEP A
- 20 ml fyn gemmer
- 30 ml sagte bruinsuiker
- 10 ml kerriepoeier
- 15 ml borrie
- 10 ml sout
- 1 ml peper
- 60 ml margarine
- 5 middelslaguie, gekap
GROEP B
- 2 snye wit brood, in water geweek
- 1 kg maer maalvleis
- 150 ml pitlose rosyne
- 60 ml blatjang
- 30 ml fyn appelkooskonfyt
- 30 ml asyn
- 30 ml worcestersous
- 30 ml tamatiepasta
GROEP C
- 375 ml melk
- 2 eiers
- Vars suurlemoenblare of lourierblare
Stoofplaat en oond
Verhit die margarine en uie in ‘n swaarboomkastrol en voeg al die droe bestanddele van Groep A by en braai dit totdat die uie sag is.
Voorverhit die oond tot 180° C/350° F.
Druk die water uit die brood uit en roer dan al die bestanddele van Groep B by die uiemengesel in.
Kook vir 20 minute oor 'n lae hitte en roer so af en toe.
Skep dan die mengsel in ‘n gesmeerde  oondbraaipan.
Klits nou die melk en eiers saam en gooi dit oor die vleis.
Druk hier en daar ‘n suurlemoen of lourierblaar in die vleismengsel en bak vir 45 minute op 180° C/350° F.
Sit dit warm voor.
bobotie-resepte

BASIESE PANNE KOEK RESEP

Die pannekoek resep is vir 10-12 pannekoeke
- 1 koppie koekmeel
- 2ml sout
- 2 ekstragroot eiers, geklits
- 150ml water
- 200ml melk
- ½ koppie suiker
- fyn kaneel
Meng al die bestanddele by mekaar,behalwe die kaneel en suiker en plaas dit dan vir 15-20 minute in die yskas.
Gooi ’n klein bietjie olie in ’n pan en versprei dit met ’n deur gesnyde aartapple oor die hele bodem. Wanneer jy dink die olie is warm, gooi dan ’n klein bietjie deeg in om te toets.
Voeg nou genoeg deeg in die pan sodat die bodem heeltemal bedek is, probeer om die pannekoek so dun as moontlik te hou.
Wanner die deeg aan die bokant nie meer klam lyk nie (Ná so 2-3 minute )probeer die onderkant van die pannekoek met 'n eierspaan loswikkel. As dit nog nie wil loskom nie, los dit vir nog ’n minuut en probeer weer.
Gebruik dan 'n eierspaan om die pannekoek om te draai, dit is die maklikste.
Voeg ongeveer een teelepel kaneel by die suiker en meng dit deur. Sprinkel nou ’n paar lepels van die kaneelsuiker oor die pannekoek, rol dit op en geniet dit!
- Hoe om n pannekoek om te draai deur dit in die lug te gooi. Hou die pan in jou slim hand en laat sak die punt grond toe. Wanner die pannekoek begin vorentoe gly, trek die pan met ’n vinnige beweging, maar met ’n slap pols, op na jou toe. Verwag maar dat die eerste paar op die grond gaan beland, dit verg baie oefening!]



pannekoeke