Dinsdag 21 Oktober 2014

BASIESE PANNE KOEK RESEP

Die pannekoek resep is vir 10-12 pannekoeke
- 1 koppie koekmeel
- 2ml sout
- 2 ekstragroot eiers, geklits
- 150ml water
- 200ml melk
- ½ koppie suiker
- fyn kaneel
Meng al die bestanddele by mekaar,behalwe die kaneel en suiker en plaas dit dan vir 15-20 minute in die yskas.
Gooi ’n klein bietjie olie in ’n pan en versprei dit met ’n deur gesnyde aartapple oor die hele bodem. Wanneer jy dink die olie is warm, gooi dan ’n klein bietjie deeg in om te toets.
Voeg nou genoeg deeg in die pan sodat die bodem heeltemal bedek is, probeer om die pannekoek so dun as moontlik te hou.
Wanner die deeg aan die bokant nie meer klam lyk nie (Ná so 2-3 minute )probeer die onderkant van die pannekoek met 'n eierspaan loswikkel. As dit nog nie wil loskom nie, los dit vir nog ’n minuut en probeer weer.
Gebruik dan 'n eierspaan om die pannekoek om te draai, dit is die maklikste.
Voeg ongeveer een teelepel kaneel by die suiker en meng dit deur. Sprinkel nou ’n paar lepels van die kaneelsuiker oor die pannekoek, rol dit op en geniet dit!
- Hoe om n pannekoek om te draai deur dit in die lug te gooi. Hou die pan in jou slim hand en laat sak die punt grond toe. Wanner die pannekoek begin vorentoe gly, trek die pan met ’n vinnige beweging, maar met ’n slap pols, op na jou toe. Verwag maar dat die eerste paar op die grond gaan beland, dit verg baie oefening!]



pannekoeke

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking