Dinsdag 21 Oktober 2014

BASIESE SOUTTERT RESEP

'n Basiese souttert resep (4 – 6 porsies)
Enige bestanddele soos koue vleis, hoender of vis kan gebruik word om hierdie sout happie in iets besonders te omskep, oorskietvleis is ideaal vir die resep
- 15ml (1e) olyfolie
- 15ml (1e) botter of margarien
- 1 medium ui, grofgekap
- 250g kaasworsies, skywe gesny
- 125g knopiesampioene, skywe gesny
- 30ml (2e) vars gekapte kruie of 10ml (2 t) droë
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 250ml (1k) gerasperde cheddarkaas
- 2 ekstragroot eiers
- 200ml melk
- 45ml (3e) koekmeel
Stoofplaat en OondVerhit die olie en die botter in 'n swaarboompan. Voeg die ui by en braai dit vir ’n paar minute lank totdat dit sag en effens bruin is.
Voeg dan die gesnyde worsies, sampioene, kruie en geurmiddels by en braai liggies. Haal van die plaat af en laat dit 'n tydjie afkoel.
Meng die kaas by en skep in ’n oondvaste bak van omtrent 18cm in deursnee en plaas in 'n voorverhitte oond teen 180 °C.
Klits dan die melk, eiers en meel saam en gooi oor die uiemengsel in die oondvaste bak.
Bak dit vir omtrent 25 minute teen ongeveer 180 °C of tot dit geset het en goudbruin is.
Alternatief
Die worsies kan vervang word met enige ander vleis soos maalvleis, streepspekvleis of gekapte ham.
Vir ’n vegetariese opsie gebruik groente soos spinasie, aspersies, kersietamaties of preie.
souttert-resepte

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking