Maandag 03 November 2014

Maak: 1 x 20 cm-koek
Bereidingstyd: 25 minute
Baktyd: 30 minute
Oondtemperatuur: 180 °C

  • 125 ml (85 g) suikerplaasvervanger (soos Huletts sugalite)

  • 2 groot eiers

  • 65 ml sonneblomolie

  • 250 ml (140 g) koekmeel

  • 10 ml bakpoeier

  • 5 ml koeksoda

  • 500 ml (250 g) fyngerasperde wortel

Versiersel

  • 1 x 200 g-bakkie vetvrye gladde maaskaas

  • 50 ml vetvrye jogurt

  • 50 ml suikerplaasvervanger

1 Klits die suikerplaasvervanger, eiers en olie saam.

2 Sif die droë bestanddele en voeg dit om die beurt met die wortels by die eiermengsel.

3 Gooi die deeg in ‘n gesmeerde en gevoerde koekpan van 20 cm en bak dit vir 30 tot 35 minute in die verhitte oond.

4 Versiersel: Meng die maaskaas, jogurt en suikerplaasvervanger. Wag totdat die koek heeltemal afgekoel het en smeer die versiersel dan bo-oor.
Wortel-en-kaas-koek

Sjokolade-brownies


  • 50 ml (50 g) laevetmargarien

  • 2 groot eiers

  • 250 ml (110 g) koekmeel

  • 5 ml bakpoeier

  • 50 ml kakaopoeier

  • 25 ml kunsmatige versoeter (soos Equal)

  • 25 ml melk

  • 50 g suikervrye melksjokolade, gekap

1 Klop die margarien tot lig en donsig. Voeg dan die eiers een-een by en klop goed ná elke byvoeging.

2 Sif al die droë bestanddele saam en gooi dit om die beurt met die melk by die eiermengsel. Vou die sjokoladestukkies versigtig in.

3 Skep die mengsel in ‘n gesmeerde en gevoerde vierkantige koekpan van 20 cm en bak dit vir 20 tot 25 minute in die verhitte oond. Laat dit op ‘n draadrakkie afkoel. Sny dit in blokkies en bêre die brownies in ‘n lugdigte houer.

Gesondheidsbeskuit

Gebak vir diabete
Mielie souffle

2 blikkies roommielies
4 eiers
60 ml koekmeel
60 ml suiker
60 ml gesmelte botter of margarien
60 ml melk
Knypie sout

Meng alles saam in vuurvaste bak
Bak vir 60 min by 180'C

Heerlik saam met braai.
Tunagereg

2 blikkies tuna
1 blik Sampioenroomsop
2 eiers
1 250 gr tamatiesous skyfies

Verkrummel skyfies, meng met al die ander bestanddele.
Skep in oondvaste bak.
Bak vir 30 min by 180'C