Maandag 03 November 2014

Maak: 1 x 20 cm-koek
Bereidingstyd: 25 minute
Baktyd: 30 minute
Oondtemperatuur: 180 °C

  • 125 ml (85 g) suikerplaasvervanger (soos Huletts sugalite)

  • 2 groot eiers

  • 65 ml sonneblomolie

  • 250 ml (140 g) koekmeel

  • 10 ml bakpoeier

  • 5 ml koeksoda

  • 500 ml (250 g) fyngerasperde wortel

Versiersel

  • 1 x 200 g-bakkie vetvrye gladde maaskaas

  • 50 ml vetvrye jogurt

  • 50 ml suikerplaasvervanger

1 Klits die suikerplaasvervanger, eiers en olie saam.

2 Sif die droë bestanddele en voeg dit om die beurt met die wortels by die eiermengsel.

3 Gooi die deeg in ‘n gesmeerde en gevoerde koekpan van 20 cm en bak dit vir 30 tot 35 minute in die verhitte oond.

4 Versiersel: Meng die maaskaas, jogurt en suikerplaasvervanger. Wag totdat die koek heeltemal afgekoel het en smeer die versiersel dan bo-oor.
Wortel-en-kaas-koek

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking