Maandag 03 November 2014

Sjokolade-brownies


  • 50 ml (50 g) laevetmargarien

  • 2 groot eiers

  • 250 ml (110 g) koekmeel

  • 5 ml bakpoeier

  • 50 ml kakaopoeier

  • 25 ml kunsmatige versoeter (soos Equal)

  • 25 ml melk

  • 50 g suikervrye melksjokolade, gekap

1 Klop die margarien tot lig en donsig. Voeg dan die eiers een-een by en klop goed ná elke byvoeging.

2 Sif al die droë bestanddele saam en gooi dit om die beurt met die melk by die eiermengsel. Vou die sjokoladestukkies versigtig in.

3 Skep die mengsel in ‘n gesmeerde en gevoerde vierkantige koekpan van 20 cm en bak dit vir 20 tot 25 minute in die verhitte oond. Laat dit op ‘n draadrakkie afkoel. Sny dit in blokkies en bêre die brownies in ‘n lugdigte houer.

Gesondheidsbeskuit

Gebak vir diabete

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking