Sondag 07 Februarie 2016

ROOI FLUWEEL KOEK

LEWER 1 GROOT KOEK
Bereidings:20 min
Bak:20 min
KOEK
60 g ongesoute botter by kamertempratuur
150g strooisuiker
1 eier
5 mil (1t) kalao
20 ml (4t) rooi voedselkleursel
2 ml (1/2t) vanieljegeursel
20 ml ( 1/2k) karringmelk
150g koekmeel
2 ml (1/2t)koeksoda
7 ml (1/2 t) witasyn

ROOM KAAS VERSIERSEL
250 g roomkaas
250 g sagte botter
500 ml (2k) versiersiuker

AFRONDING
1/2 hoeveeelheid botterversiersel
 vars rooi rose
Verhit die oond tot 170C smeer twee 20 cm koekpanne en voer die bodem met bakpapier

1. Koek klits die botter en strooisuiker saam tot lig en donsig.
2.Voeg die  eiers by en klits teen 'n hoe spoed in.
3 Meng die kakao,voedsel en  vanieljegeursel om'n dik pasta te maak. Voeg by die bottermengsel en klits baie goed tot alles ingemeng is.
4. Voeg die helfte van die karringmelk by en klits goed: voeg die helfte van die meel by en klits goed. Herhaal tot al die karringmelk en meel in is.
5.Voeg die koeksoda en asyn by en klits teen 'n stadig spoed tot ingemeng. klits dan 'n  paar minute teen hoe spoed.
6. Skep in die bereide panne en bak so wat 20 min. tot 'n toetspen skoon uit kom. keer op 'n draad rak uit  om af te koel.
7. Roomkaasversiersel Klits die roomkaas en botter tot lig en romerig. Voeg die versiersuiker by en klits tot gemeng.
8.Afronding.Halveer die koeklae. plak dit op mekaar vas met 'n smeersel roomkaas  versiersel.
9. Smeer die botter en versiersel liggies bo op en rondom. Skraap gelyk en rond af met 'n bondel vars rooi rose

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking