Dinsdag 03 Julie 2018

rum en rosyne yskastertk

250ml Kook Water
420ml  pitlose rosyne
250 ml room
397 g caramel treat (kondensmelk)
3 ml vaniele geursel.
8 ml rumgeursel
200 g tennis beskuitjies ( 1 pakkie)

  1. Giet die kookwater oor die rosyne en laat die vir so 15 minute lank week.
  2. klits nou die room styf. Voeg die catamel treat, vanielje en rumgeursel by en klits goed.
  3. Drieneer nou dierosyne, Voeg dit by die kondensmelkmengsel by en meng dit goed duer met 'n houtlepel.
  4. Rangskik 'n laag tennisbeskuitjies op die boom van 'n vierkantige tertbord van  220mm x 220 mm wat liggies met botter gesmeer is . Skep 'n laag rosynemengsel bo op die beskuitjies. Herhaal die lae en eindig met 'n laag rosyntjiemengsel.
  5. verkrummel 'n paar beskuitjies en strooi dit bo oor
  6. verkoel die tert 2 tot 3 ure lank in die yskas of totdat die vulsel gestol het.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking