Bestanddele:

250g margarien

2 eetlepels kakao

1pak versiersuiker (500g gesif)

2 eiers

125ml klapper

1t vanieljegeursel

125ml pekanneute (opsioneel)

1 ⅓ pakkie Marie beskuitjies gebreek

 

Metode:

Smelt margarien in ’n kastrol en sif kakao en versiersuiker daarby. Laat afkoel. Klits 2 eiers en roer by mengsel. Sit terug op stoof en laat bietjie kook .Maak die pekanneute baie fyn in ’n stamper en vysel. Voeg 1t vanieljegeursel, neute en ½ K klapper by. Haal van die stoof af en voeg gebreekte beskuitjies by. Sit mengsel in ’n pan wat gespuit is, laat afkoel en sit in die yskas tot gestol.