Sondag 27 Julie 2014

WAFELS


Bestanddele: (lewer 10 wafels)

2K meel 

2t bakpoeier

Knippie sout

2t suiker

2k warm melk

2 eiers, geskei

1E gesmelte botter

Metode:

 Skakel eers jou wafel masjien aan en spuit met kossproei. Dit sal jou baie tyd spaar en sal voorkom dat jy nie voor ’n koue wafel masjien staan met ’n klaar gemengde wafel deeg nie.

Sif al die droë bestanddele saam in ’n bak. Klits die eierwitte in ’n ander bak tot stywe punte vorm. Meng dan die res van die nat bestanddele asook die eiergele in nog ’n aparte bak.

Meng die nat en droë bestanddele saam en vou laastens die eierwitte by die mengsel in.

Nou kan jy begin wafels maak!



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking