Dinsdag 30 September 2014

KOEKBALLE

Hierdie oulike idee het ek in 'n Huisgenoot gesien:
Koekballe is n slim manier om van oorskietkoek en -versiersuiker ontslae te raak, en kids is mal daar oor.
Oorskiet koek
Oorskiet botterversiersel
Sosatie- of roomysstokkies
Gesmelte witsjokolade en koekkleurselpoeier
Krummel oorskietkoek en roer botterversiersel deur die krummels.
Rol mengsel in balletjies en laat rus sowat 1 uur, of tot ferm in die yskas.
Steek n stokkie in elke balletjie en doop balle in gesmelte sjokolade. Laat staan regop en laat sjokolade stol. Versier balle met verskillende kleure kleurselpoeier of gekleurde strooisuiker.”In en Om die Huis

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking