Donderdag 09 Junie 2016

Nougat koek

Jy benodig:
  • 320g strooisuiker
  • 3 ekstra groot eiers
  • 175ml kookolie
  • 275g (500ml) koekmeelblom
  • Knippie sout
  • Sowat 50ml brandewyn
En vir die vulsel:
  • 12,5ml gelatien
  • 125ml koue water
  • 250g botter
  • 75ml strooisuiker
  • 1blik kondensmelk
  • 15ml suurlemoensap
  • 5ml kremetart
  • 5ml vanielje geursel
  • 200g (250ml) gemengde vrugte en neute
Metode:
Voorverhit die oond tot 200ÂșC. Smeer ‘n langwerpige koekpan van 35x22x3 cm of ‘n middelslag-rolkoekpan en bestuif met koekmeelblom, of spuit met Spray en Cook. Klits strooisuiker en eiers saam tot lig en sponsig dik. Meng kookwater en kookolie en klits dit geleidelik by die eiermengsel. Sif meel en sout bo-oor en vou in. Strooi bakpoeier oor en vou in. Gooi deeg in pan en bak vir 20 minute. Keer uit en laat staan om af te koel.
Sny die suikerbrood in 2 ewe groot reghoeke of sirkels wat in ‘n middelslag-brood- of koekpan sal pas. Sny die oorskiet-suikerbrood in dobbelsteentjies. Voer ‘n middelslag-brood-of koekpan met ‘n groot stuk dubbele waspapier uit. Plaas een koeklaag op die boom van die pan en sprinkel bietjie brandewyn oor.
Week gelatien in koue water en verhelder oor kookwater. Verroom die botter en strooisuiker. Klits eers gelatien en dan kondensmelk geleidelik by. Klits die res van die bestanddele vir die  vulsel behalwe die vrugte en neute by. Roer die vrugte en neute mengsel by. Smeer helfte van die vulsel oor die koeklaag in die pan. Druk koekblokkies (dobbelsteentjies van vroeer) bo op vas en sprinkel brandewyn oor. Skep die oorblywende vulsel bo-op en bedek met 2de koeklaag. Vou waspapier bo-oor koek en plaas in die yskas om te stol.

Haal die koek versigtig uit die pan en sny die kante met ‘n skerp warm mes netjies, sif versiersuiker oor indien verkies.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking