Dinsdag 30 September 2014

KOEKBALLE

Hierdie oulike idee het ek in 'n Huisgenoot gesien:
Koekballe is n slim manier om van oorskietkoek en -versiersuiker ontslae te raak, en kids is mal daar oor.
Oorskiet koek
Oorskiet botterversiersel
Sosatie- of roomysstokkies
Gesmelte witsjokolade en koekkleurselpoeier
Krummel oorskietkoek en roer botterversiersel deur die krummels.
Rol mengsel in balletjies en laat rus sowat 1 uur, of tot ferm in die yskas.
Steek n stokkie in elke balletjie en doop balle in gesmelte sjokolade. Laat staan regop en laat sjokolade stol. Versier balle met verskillende kleure kleurselpoeier of gekleurde strooisuiker.”In en Om die Huis

MELLOW CRISPIES

(Maak 40 Blokke)
125 G Margarien Of Botter
350 G Houer Rice Crispies
500 G Marshmallows
2 X 200 G Blok Sjokolade
Metode:
1. Plaas Margarien In Kastrol En Smelt. Voeg By Marshmallows En
Roer Tot Amper Opgelos/Gesmelt.
2. Voeg By Rice Crispies En Meng Goed Deur Tot Alle Crispies
Bedek Is. Giet Uit In 'N Gesmeerde Rolkoekpan En Druk Goed Vas.
3. Smelt Sjokolade En Smeer Oor Crispies Mengsel. Laat Stol. Laat
Die Hele Mengsel Stol Vir ±1 Uur En Sny Dan In Blokke
Wenk: Moenie Te Lank Los Om Te Stol Nie Anders Is Dit Te Hard.

REENBOOG JELLIE SWEETS

2 Blikkies Kondensmelk
160ml Gelatine (2/3 Kop)
5 Pkt Jelly (Verskillende Kleure)
Kookwater
Metode:
Meng Die Kondensmelk Met 1 En ¾ Kop Kookwater.
Voeg Die Gelatine By 1 En ¾ Kop Kookwater. Meng Tot Opgelos En Voeg
Dan By Die Kondensmelk Mengsel.
Plaas Elke Pakkie Jellie In Aparte Bakke Voeg Hierby 4 Teelepels
Gelatine En Voeg Net 300ml Kookwater By Elk. Roer Tot Opgelos.
Gebruik 33x22cm Bak (Pyrex Werk Goed) En Gooi Die Eerste Jellie
Hierin. Plaas In Yskas. Sal Stol Binne 5 Min. Gooi Dan Die Wit
Kondensmelk (‘N Kwart Van Die Mengsel)In ‘N Dun Lagie Booor Die
Gestolde Jellie Laag. Laat Stol. Hou Aan Met Die Lagies Tot Jy 4
Kondensmelk En 5jellie Lae Het.
Laat Stol Vir 30min. Sny Dan Dit In Blokkies 

PIZZAWIELE

1 rol (400 g) skilferkorsdeeg
1 ui, gekap
1 groen en 1 rooi soetrissie, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
'n Handvol sampioene, gesnipper
2 wiele fetakaas, gekrummel
'n Handvol vars kruie, gekap
Metode:
Voorverhit die oond tot 220 °C en voer 'n plaat uit met bakpapier. Rol die skilferkorsdeeg effens dunner uit. Braai die ui, soetrissies en knoffel in 'n bietjie olyfolie tot sag. Voeg die sampioene by en braai tot gaar. Laat afkoel en meng met die gekrummelde fetakaas en kruie. Skep die mengsel op die deeg en versprei egalig. Rol op soos 'n konfytrol. Sny in wiele en bak vir 10 minute tot goudbruin en gaar. Lewer 15 wiele 

POPCORN STROOP VIR POPCORN BALLE

190ml water
190ml goue stroop
1 kp suiker
¾ teel vanilla
¾ teel sout
60ml botter
Metode:
Kook suiker, stroop, water, botter en sout tot kraak stadium. Voeg die vanilla by. Gooi stadig oor popcorn tot alles nat is. Smeer hande effens met botter en maak balle.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kinderpartytjie-idees-resepte.html 



Popcorn balls: (10 balls)

1 packet of unsalted microwave popcorn
30ml syrup
50g unsalted butter
200g marshmallows
5ml vanilla
100g milk chocolate for dipping
100s and 1000s sprinkles
Skewers


Make popcorn and place it in a mixing bowl. Remove the kernels that haven't popped. Melt the butter in a saucepan and add the syrup, marshmallows and vanilla. Stir continuously. After the marshmallows have completely melted, pour over popcorn. Spray your hands with non-stick spray and create balls. Press firmly. Insert a skewer and dip into chocolate and sprinkles. Place balls on a baking tray lined with wax paper allow to cool.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/kinderpartytjie-idees-resepte.html 

OMELET MET KAAS EN MAALVLEIS

(LEKKER VINNIGE AANDETE50 ml olyfolie
400 g beesmaalvleis
 
30 ml tamatiepasta
30 ml gekapte pietersielie 
1 groen of rooi soetrissie, ontpit en gesny 
3 sprietuie, gekap 
8 groot eiers, liggies geklits
 
50 ml melk
 
250 ml gerasperde mozzarella
 
1 Verhit 20 ml olie in ‘n groot pan en braai die maalvleis bruin. Voeg die tamatiepasta en pietersielie by en geur dit na smaak. Voeg die soetrissie by en braai dit tot sag. Voeg die sprietuie by en braai dit vir twee minute.
 2 Verhit twee kleefvrye panne oor matige hitte op die stoof. Gooi ‘n bietjie olie in elke pan. 
3 Klits die eiers en melk saam en geur dit. Voeg 100 ml kaas by. Gooi omtrent ‘n kwart van die eiermengsel in elke pan. Gebruik ‘n lepel en roer die eier liggies totdat dit amper gaar is. Laat dit dan vir nog twee tot drie minute bak. Hou die omelette in die oond warm terwyl jy die ander twee maak.

4 Skep van die maalvleismengsel op die een helfte van elke omelet. Sprinkel die res van die kaas oor en vou die ander helfte oor. Laat die kaas smelt en sit dit voor. 
Bron: Kos & Onthaal
 Plasing: Henriette Wessels

BASIESE OMELETTE

1. Gebruik 1 eier vir elke persoon en 1 e vloeistof (water of melk) vir elke eier.
2. Klits die wit van die eiers styf en sonder om die eierklitser te was, klits die geel van
die eiers tot dit liggeel van kleur is. Voeg die vloeistof en sout na smaak by die geel
van die eiers.
3. Vou die styfgeklopte wit van die eiers in die geel.
4. Verhit ʼn braaipan en smeer dit op die boom en aan die kante met botter of vet. Die
pan moet klein genoeg wees dat die eiermengsel nie te dun uitsprei nie en goed
kan rys.
5. Gooi die eiermengsel in die pan en maak dit gaar oor stadige hitte totdat dit
opgepof en ligbruin van onder is.
6. Laat die pan ʼn paar minute lank in ʼn matige oond staan tot die omelet bo-op droog
is. (As die omelet te lank bak, sal dit krimp en taai word.)
7. Maak ʼn duik in die meddel van die omelet met die agterkant van ʼn mes en maak
dit los van die kante van die pan met die mes.
8. Streek ʼn slaplem-mes onder die een helfte in en vou dit toe oor die een helfte in en
vou dit toe oor die ander helfte.
9. Laat dit versigtig op ʼn warm bord afgly en dien onmiddellik op.
VARIASIES
Kaas. Srooi gerasperde kaas met ʼn skerp geur oor die omelet net voordat dit toegevou of terwyl dit gaargemaak word.
Biltong. Strooi gerasperde biltong oor net voordat dit toegevou word.
Uie. Voeg 1 e fyngekapte ui en 1 t fyngekapte pieterselie by voordat die omelet-mengsel in die pan gegooi word.
Ham. Of enige soort koue vleis of pluimvee. Maal die gaar vleis fyn en verhit dit of braai effens bruin in warm vet en strooi dit oor die middel van die omelet terwyl dit gaar word.
Groente. Meng enige gaar groente, met witsous en gebruik as vulsel vir ʼn omelet.
Vis. Maak enige gaar vis fyn, voeg sout en perer by na smaak en maak dit klam met room. Verwarm die vis en sit dit op die omelet voor-dat dit toegevou word.
Pieterselie. Braai 1 tot 3 t gekapte pieterselie in ʼn bietjie botter en voeg dit by die eiermengsel.
???????????????????????????????

Maandag 22 September 2014

BASIESE SOUTTERT RESEP

n Basiese souttert resep (4 – 6 porsies)
Enige bestanddele soos koue vleis, hoender of vis kan gebruik word om hierdie sout happie in iets besonders te omskep, oorskietvleis is ideaal vir die resep
- 15ml (1e) olyfolie
- 15ml (1e) botter of margarien
- 1 medium ui, grofgekap
- 250g kaasworsies, skywe gesny
- 125g knopiesampioene, skywe gesny
- 30ml (2e) vars gekapte kruie of 10ml (2 t) droƫ
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 250ml (1k) gerasperde cheddarkaas
- 2 ekstragroot eiers
- 200ml melk
- 45ml (3e) koekmeel
Stoofplaat en OondVerhit die olie en die botter in 'n swaarboompan. Voeg die ui by en braai dit vir ’n paar minute lank totdat dit sag en effens bruin is.
Voeg dan die gesnyde worsies, sampioene, kruie en geurmiddels by en braai liggies. Haal van die plaat af en laat dit 'n tydjie afkoel.
Meng die kaas by en skep in ’n oondvaste bak van omtrent 18cm in deursnee en plaas in 'n voorverhitte oond teen 180 °C.
Klits dan die melk, eiers en meel saam en gooi oor die uiemengsel in die oondvaste bak.
Bak dit vir omtrent 25 minute teen ongeveer 180 °C of tot dit geset het en goudbruin is.
Alternatief
Die worsies kan vervang word met enige ander vleis soos maalvleis, streepspekvleis of gekapte ham.
Vir ’n vegetariese opsie gebruik groente soos spinasie, aspersies, kersietamaties of preie.
souttert-resepte

LEKKER 'ROMANY CREAMS' RESEP

'n Lekker Maklike 'Romany Creams' Resep.
- 1/2 lb botter of margarien
- 1 k suiker
- 3 1/2 k klapper
- 2 eetl kakao
- 2 tl bakpoeier
- 1/2 tl koeksoda
- 1 tl sout
- 1 tl vanielje
- 2 groot eiers.
Vulsel:
- 2 eetl botter of margarien
- 1 eetl kakao
- 1/2 pakkie versiersuiker
- Bietjie melk om mee aan te maak.
Sit meelblom, bakpoeier, koeksoda, kakao en sout saam. Room botter, suiker en eiers saam.
Voeg klapper by. Voeg geursel by. Roer droe bestanddele by om 'n sagte deeg te maak.
Druk deur koekiemaker en bak 15 min op middelrak teen 200°C. Smeer sagte versiersuikervulsel op en druk opmekaar.
romany-creams-resepte

Dinsdag 02 September 2014

Gestoomde lamspastei

Genoeg vir 6
• 60 ml kanola-olie
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 1 kg lamsblokkies
• 250 g bruin sampioene, gehalveer
• 200 g tamatiepasta
• 500 ml lamsvleisaftreksel
• 2 x 330 ml-blikke bier van jou keuse
• sout en varsgemaalde swartpeper
Kors
• 285 g (510 ml) bruismeel
• 125 g (135 ml) botter
• 5 ml bakpoeier
• 10 ml fyn roosmaryn
• 60 ml water
Verhit olie in ’n middelslag-pot. Plaas ui en knoffel in olie en braai 5 minute liggies of tot ui verbruin. Voeg lam en sampioene by en braai 8 – 10 minute of tot goudbruin. Voeg tamatiepasta by en braai nog 3 minute. Gooi aftreksel en bier by en geur met sout en swartpeper. Verlaag hitte en laat prut 30 – 35 minute of tot lam sag is en ’n dik sous vorm. Laat afkoel. Kors Plaas meel, botter, bakpoeier en roosmaryn in voedselverwerker. Verwerk by hoĆ« spoed tot tekstuur van growwe seesand. Gooi water geleidelik by terwyl menger loop tot alles in een bal saamkom. Rol deeg uit op meelbestrooide oppervlak. Spuit ’n diep glasbak met volume van 2 liter goed met kleefwerende kossproei. Voer bak uit met uitgerolde deeg. Sny deeg wat oorhang netjies af en rol weer uit. Skep vulsel in uitgevoerde bak en bedek met ekstra deeg. Sny rand netjies af. Draai bak toe in foelie – maak seker dis stewig geseĆ«l. Plaas in pot met 3 cm water op bodem. Plaas deksel op pot en seĆ«l dig. Bring tot kookpunt en stoom pastei 2½ uur lank. Maak gereeld seker daar is genoeg water in pot. Laat staan 5 minute en keer uit op opdienbord. Sit warm voor.
Foto's deur Donna Lewis

Onderstebo-piesang-en-karamelkoek

Genoeg vir 1 groot koek
  • 2 piesangs, in ringe gesny
  • 2 groot eiers
  • 250 ml sonneblomolie
  • 250 ml sterk koffie
  • 4 piesangs, fyngedruk
  • 1 x 650 g-boks sjokoladekoekmengsel
Sous
  • 1 x 380 g-blik karamel-kondensmelk
  • 125 ml room of melk
Verhit oond tot 180 °C. Voer ’n 30 cmlosboomkoekpan met bakpapier uit
en spuit baie goed met kleefwerende kossproei. Pak piesangringe in die pan sodat die bodem heeltemal bedek is. Meng eiers, olie, koffie en fyn piesang saam in groot mengbak tot goed gemeng. Voeg koekmengsel by en meng tot gladde beslag. Gooi beslag oor piesangs en plaas in warm oond. Bak vir 35 – 40 minute of tot toetspen skoon
uitkom. Laat effens afkoel en keer uit. Sous Plaas kondensmelk en room in pot. Roer oor lae hitte tot gladde mengsel. Gooi oor koek en sit voor.
Foto's deur Donna Lewis

Malvapoeding met koek uit n boks

Genoeg vir 6
  • 1 x 650 g-boks sjokoladekoekmengsel
  • 3 eiers
  • 180 ml sonneblomolie
  • 250 ml melk
  • 60 ml appelkooskonfyt
Stroop
  • 1 blik ingedampte melk (Ideal Milk)
  • 250 ml warm water
  • 400 g (500 ml) suiker
  • 30 ml botter
  • 5 ml vanieljegeursel
Vir voorsit
  • 500 ml vanieljevla
  • 1 liter vanieljeroomys
Verhit die oond tot 180 °C. Plaas die koekmengsel, eiers, olie, melk en konfyt in ’n groot mengbak. Roer tot glad met ’n draadklitser. Spuit ’n 30 cm-ringkoekpan met kleefwerende kossproei. Gooi mengsel in pan en bak vir 25 – 30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Maak intussen die stroop terwyl die koek bak: Plaas al die bestanddele in ’n middelslagpot en bring tot kookpunt. Gooi oor die koek sodra dit uit die oond kom. Keer uit op ’n opdienbord en sit voor met vanieljevla en -roomys.
Foto's deur Donna Lewis

Hoender-ham-en-preipasteie

Genoeg vir 8
• 1 heel gaar hoender
• 30 ml botter
• 4 preie, in skywe gesny
• 1 x 125 g-pakkie Enterprise Slow CookedThickly SlicedTraditionalHam, in repies gesny
• 250 ml crĆØme fraĆ®che
• sout en swartpeper
• 4 velle (400 g elk) blaardeeg
• 1 geklitste eier
Haal hoendervleis van bene af. Smelt botter in ’n pan en braai preie tot sag. Voeg ham en crĆØme fraĆ®che by. Meng hoendervleis by. Geur goed met sout en peper. Laat eers afkoel voor jy pasteie maak. Verhit oond tot 200 °C. Spuit 6 holtes van ’n standaard-muffinpan goed met kleefwerende kossproei. Sny 6 sirkels van 14 cm in deursnee uit blaardeeg en voer holtes daarmee uit. Skep hoendervulsel in. Sny 6 sirkels van 10 cm in deursnee uit om bo-op te plaas. SeĆ«l rande met vurk se punte. Verf met geklitste eier en bak 35 – 40 minute. Laat effens afkoel en keer uit pan. Sit voor.
ENTERPRISE PROMOSIE

Sjokolade-en-roomysrol

Genoeg vir 2 rolle
  • 2 groot eiers
  • 250 ml sonneblomolie
  • 250 ml sterk koffie
  • 1 x 650 g-boks sjokoladekoekmengsel
Vulsel
  • 2 liter roomys van jou keuse
  • 100 g witsjokolade, fyngekap
  • 250 ml room
  • 100 g donkersjokolade, fyngekap
Verhit oond tot 180 °C. Voer twee 35 x 27 cm-bakplate met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Klits eiers, olie en koffie in groot mengbak tot goed gemeng. Gooi
koekmengsel by en meng tot gladde beslag. Verdeel mengsel tussen bakplate en smeer eweredig. Bak vir 20 – 25 minute of tot toetspen skoon uitkom. Terwyl die koek bak, maak ’n skoon afdroogdoek effens klam. Plaas op skoon werkvlak en sprinkel dun lagie suiker oor doek. Keer koek met een vinnige beweging op doek uit. Sny rande van koek reguit met skerp mes. Rol koek stewig met behulp van die doek op. (Maak seker jy rol die doek saam met die koek op.) Laat afkoel in doek. Rol oop. Gebruik houtlepel en roer roomys tot sag en smeerbaar. Smeer roomys oor koek. Rol koek weer op, maar sonder die doek. Draai toe in kleefplastiek en plaas oornag in vrieskas. Plaas witsjokolade en helfte van room in glasbak. Plaas glasbak oor pot met water tot sjokolade gesmelt is. Smelt donkersjokolade met res van room ook oor pot met water. Verwyder kleefplastiek van rolkoek, plaas op opdienbord en gooi die twee souse oor. Sit voor.
Foto's deur Donna Lewis

Suurlemoentert

Genoeg vir 6
• 1 x 500 g-rol broskorsdeeg
• 125 ml suurlemoensap (sowat 5 suurlemoene)
• 190 ml room
• 3 eiers
• 160 g (190 ml) strooisuiker
• gerasperde skil van 1 suurlemoen
Verhit oond tot 160 °C. Voer ’n ronde losboom-tertpan van 20 cm in deursnee met broskors uit. Bak blind vir 10 minute of tot kors begin verkleur – sien wenk. Haal uit oond en laat afkoel.
Meng suurlemoensap, room, eiers, strooisuiker en skil. Gooi mengsel in tertkors en plaas in warm oond. Bak 25 – 35 minute of tot net gestol. Laat afkoel in yskas tot yskoud. Sprinkel dun lagie strooisuiker oor en brand bruin met kombuisvlam of verbruin onder roosterelement
Foto's deur Donna Lewis

Heuningkoekpoeding

WoodenSpoon Promosie resep
Genoeg vir 6
• 120 g (250 ml) koekmeel
• knippie sout
• 5 ml koeksoda
• 200 g (250 ml) suiker
• 125 g (135 ml)WoodenSpoonYellow Margarine, in blokkies gesny
• 125 ml melk
• 250 ml goue stroop
• 4 eiers, geklits
• versiersuikerombo-oor te sif
Verhit oond tot 180 °C. Sif meel, sout en koeksoda saam in ’n mengbak. Voeg suiker by en meng deur. Plaas margarien en melk in ’n kastrol en verhit tot margarien gesmelt is. Haal af van hitte en laat staan sowat 5 minute. Voeg goue stroop by en meng deur. Voeg eiers by gesmelte margarienmengsel en meng deur. Voeg by droĆ« bestanddele en meng goed deur. Skep in ’n bak van sowat 20 cm in deursnee en plaas in oond. Bak 40 – 45 minute. Haal uit en sit warm voor met mascarpone-kaas.

Sjokolade-en-roomysrol

Genoeg vir 2 rolle
  • 2 groot eiers
  • 250 ml sonneblomolie
  • 250 ml sterk koffie
  • 1 x 650 g-boks sjokoladekoekmengsel
Vulsel
  • 2 liter roomys van jou keuse
  • 100 g witsjokolade, fyngekap
  • 250 ml room
  • 100 g donkersjokolade, fyngekap
Verhit oond tot 180 °C. Voer twee 35 x 27 cm-bakplate met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Klits eiers, olie en koffie in groot mengbak tot goed gemeng. Gooi
koekmengsel by en meng tot gladde beslag. Verdeel mengsel tussen bakplate en smeer eweredig. Bak vir 20 – 25 minute of tot toetspen skoon uitkom. Terwyl die koek bak, maak ’n skoon afdroogdoek effens klam. Plaas op skoon werkvlak en sprinkel dun lagie suiker oor doek. Keer koek met een vinnige beweging op doek uit. Sny rande van koek reguit met skerp mes. Rol koek stewig met behulp van die doek op. (Maak seker jy rol die doek saam met die koek op.) Laat afkoel in doek. Rol oop. Gebruik houtlepel en roer roomys tot sag en smeerbaar. Smeer roomys oor koek. Rol koek weer op, maar sonder die doek. Draai toe in kleefplastiek en plaas oornag in vrieskas. Plaas witsjokolade en helfte van room in glasbak. Plaas glasbak oor pot met water tot sjokolade gesmelt is. Smelt donkersjokolade met res van room ook oor pot met water. Verwyder kleefplastiek van rolkoek, plaas op opdienbord en gooi die twee souse oor. Sit voor.

Fudge-chelseakoek

Genoeg vir 1 groot koek
1 x 10 g-sakkie kitsgis
1 eier
115 g (125 ml) botter, in blokkies gesny
280 g (500 ml) koekmeel
1 x 650 g-boks sjokoladekoekmengsel
250 ml louwarm melk (dis belangrik dat die melk nie kokend warm is nie, anders gaan dit die gis doodmaak)
50 g (60 ml) bruinsuiker
100 g gemengde neute, fyngekap
100 g fudge, fyngebreek plus ekstra vir oorstrooi
125 ml versiersuiker, gesif
sap en skil van 1 suurlemoen
50 ml water
Plaas gis, eier, botter, meel en koekmengsel in bak van elektriese menger met ’n K-spaan. Skakel menger aan en voeg melk geleidelik by tot stywe kniebare deeg vorm. Verhoog spoed en knie 5 – 8 minute of tot gladde deeg. Plaas in bak wat met olie gesmeer is.
Maak toe met kleefplastiek en laat rys op warm plek tot dubbel in volume, sowat 90 minute. (Dit neem langer om te rys as brood omdat daar suiker in die deeg is, wat die gis stadiger
laat groei.) Verhit oond tot 180 °C. Sprinkel koekmeel op werkvlak en rol deeg tot sowat 3 mm dik uit. Sprinkel suiker, neute en fudge oor. Rol deeg op in stywe wors. Sny wors in stukke van 5 cm. Spuit ’n 25 cm-losboomkoekpan goed met kleefwerende kossproei. Pak deegstukke met spiraalvorm wat na bo wys in pan. Laat rys weer op warm plek tot dubbel in volume, sowat 30 minute. Plaas in oond en bak vir 50 – 60 minute of tot goudbruin en bros. Laat afkoel en verwyder uit pan. Meng versiersuiker en suurlemoen en voeg water druppelgewys by tot gladde mengsel vorm. Skep oor brood en sprinkel ekstra fudge oor. Sit voor.
Foto's deur Donna Lewis

Wafels met Heuning

Genoeg vir 12 – 14
  • 2 groot eiers
  • 250 ml sonneblomolie
  • 250 ml sterk koffie
  • 1 x 650 g-boks sjokoladekoekmengsel
Klits eiers, olie en koffie in groot mengbak tot goed gemeng. Gooi koekmengsel by en meng tot gladde beslag. Verhit wafelpan tot warm. Spuit goed met kleefwerende kossproei. Skep
lepels vol van die beslag in die pan en maak toe. Braai vir 5 – 8 minute tot bros en gaar. Hou warm in louoond terwyl jy die res braai. Sit voor met heuning en roomys.
Foto's deur Donna Lewis

Onderstebo-piesangkoek


Genoeg vir 8 – 10
Vir die piesangkaramel
• 300 g (360 ml) strooisuiker
• 4 – 5 ryp piesangs
• ¼ teelepel (1,25 ml) fyn kaneel
Koekbeslag
• 140 g (150 ml) sagte, ongesoute botter, plus ekstra om pan te smeer
• 180 g (320 ml) koekmeel
• 1½ teelepel (7,5 ml) bakpoeier
• 1 teelepel (5 ml) fyn kaneel
• 4 eiers, geskei
• 140 g (165 ml) strooisuiker
• 2 groot ryp piesangs, afgeskil en fyngedruk
Verhit oond tot 170 °C. Smeer boom en kante van losboompan met deursnee van 23 cm deeglik met ekstra botter en voer uit met bakpapier. piesangkaramel Plaas suiker en 150 ml water in swaarboom-pan en kook tot suiker smelt. Laat kook tot dit ’n dik goudbruin karamel vorm, maar pasop dat dit nie brand nie. Verwyder van hitte en gooi onmiddellik in gesmeerde koekpan. Kantel die pan sodat die karamel eweredig oor die bodem versprei word. Skil piesangs en halveer in die lengte. Rangskik op karamel in ’n mooi patroon, sny korter indien nodig en sprinkel kaneel bo-oor. koek Sif die meel, bakpoeier en kaneel saam in ’n bak. Klits die eierwitte in ’n aparte skoon bak styf tot dit punte vorm. Gooi botter en suiker in nog ’n groot bak en klop tot lig en donsig. Klits die eiergele stadig en een vir een bybottermengsel. Vou fyn piesangs in, gevolg deur droĆ« bestanddele. Vou eierwitte heel
laaste in. Skep beslag in koekpan bo-op karamelbasis en versprei eweredig. Bak 50 – 60 minute, of toets met pen of dit gaar is. Verwyder uit oond en laat paar minute afkoel voordat uit pan verwyder word. (Dis makliker om uit die pan te haal as dit nog warm is, want die karamelbasis word hard.) Trek met ’n dun mes al om die binnekant van die koekpan. Plaas ’n groot plat bord bo-op die pan, hou albei styf vas en keer om. Verwyder pan versigtig, asook die bakpapier. Sit warm voor.

Cabana Boekuittreksel Resep


Saam met lekker sterk koffie is dit die perfekte einde van ‘n heerlike maal
  • 2 groot eiers
  • 250 ml sonneblomolie
  • 250 ml sterk koffie
  • 1 x 650 g-boks sjokoladekoek-mengsel
  • 250 g donkersjokolade 
  • 45 ml botter, gesmelt 
  • 3 eiers, geskei
  • 60 ml versiersuiker
  • 250 ml sjokoladesous
  • 125 g bessies van jou keuse
Verhit die oond tot 180 °C. Voer ’n 30 cm-broodpan met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Meng eiers, olie en koffie goed in groot mengbak. Voeg koekmengsel by en meng tot gladde beslag. Gooi in broodpan en bak vir 30 – 45 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel en keer uit. Verdeel koek in twee lae. Voer broodpan met kleefplastiek uit en plaas een koeklaag onder in pan. Smelt sjokolade en botter saam in mikrogolfoond. Laat afkoel tot louwarm en roer eiergele een vir een by – as dit te warm is, gaan dit skif. Klits eierwitte tot sagte punte vorm en voeg versiersuiker by terwyl jy aanhou klits tot blink en styf. Vou by sjokolademengsel in. Skep mengsel dadelik in uitgevoerde pan. Plaas tweede koeklaag bo-op en laat stol vir 3 uur of oornag in yskas. Lig uit pan met behulp van die kleefplastiek. Plaas op opdienbord en verwyder kleefplastiek. Sit voor met sjokoladesous en bessies.
Aug_Cakes-5

Genoeg vir 1 groot koek
  • 2 piesangs, in ringe gesny
  • 2 groot eiers
  • 250 ml sonneblomolie
  • 250 ml sterk koffie
  • 4 piesangs, fyngedruk
  • 1 x 650 g-boks sjokoladekoekmengsel
Sous
  • 1 x 380 g-blik karamel-kondensmelk
  • 125 ml room of melk
Verhit oond tot 180 °C. Voer ’n 30 cmlosboomkoekpan met bakpapier uit
en spuit baie goed met kleefwerende kossproei. Pak piesangringe in die pan sodat die bodem heeltemal bedek is. Meng eiers, olie, koffie en fyn piesang saam in groot mengbak tot goed gemeng. Voeg koekmengsel by en meng tot gladde beslag. Gooi beslag oor piesangs en plaas in warm oond. Bak vir 35 – 40 minute of tot toetspen skoon
uitkom. Laat effens afkoel en keer uit. Sous Plaas kondensmelk en room in pot. Roer oor lae hitte tot gladde mengsel. Gooi oor koek en sit voor.
Foto's deur Donna Lewis
Bestanddele:
180 g (300 ml) bruismeel
40 g (75 ml) volroommelkpoeier
15 ml bakpoeier
2 ml sout
15 ml suiker
1 eier
250 ml water
15 g (15 ml) botter of margarien, gesmelt
Metode:
1. Sif die bruismeel, melkpoeier, bakpoeier, sout en suiker saam.
2. Klits die eier effens en meng met die water en botter of margarien.
3. Voeg die vloeistof by die meelmengsel en klop dit tot glad.
4. Smeer ‘n braaipan en verhit dit oor matige hitte (die braaipan moenie te warm word nie, want dan gaan die plaatkoekies te gou verbruin en nie deurbak nie).
5. Giet sowat 100 ml van die beslag in die pan en bak tot borrelrig bo en goudbruin onder (halveer die hoeveelheid beslag as jy 12 kleiner plaatkoekies wil bak). Keer dit met ‘n eierspaan om en bak die ander kant ook tot goudbruin.
Plaatkoekies Foto: perfectpancake.info (Charles Gold/CORBIS)