Dinsdag 02 September 2014

Malvapoeding met koek uit n boks

Genoeg vir 6
  • 1 x 650 g-boks sjokoladekoekmengsel
  • 3 eiers
  • 180 ml sonneblomolie
  • 250 ml melk
  • 60 ml appelkooskonfyt
Stroop
  • 1 blik ingedampte melk (Ideal Milk)
  • 250 ml warm water
  • 400 g (500 ml) suiker
  • 30 ml botter
  • 5 ml vanieljegeursel
Vir voorsit
  • 500 ml vanieljevla
  • 1 liter vanieljeroomys
Verhit die oond tot 180 °C. Plaas die koekmengsel, eiers, olie, melk en konfyt in ’n groot mengbak. Roer tot glad met ’n draadklitser. Spuit ’n 30 cm-ringkoekpan met kleefwerende kossproei. Gooi mengsel in pan en bak vir 25 – 30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Maak intussen die stroop terwyl die koek bak: Plaas al die bestanddele in ’n middelslagpot en bring tot kookpunt. Gooi oor die koek sodra dit uit die oond kom. Keer uit op ’n opdienbord en sit voor met vanieljevla en -roomys.
Foto's deur Donna Lewis

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking