Dinsdag 02 September 2014

Wafels met Heuning

Genoeg vir 12 – 14
  • 2 groot eiers
  • 250 ml sonneblomolie
  • 250 ml sterk koffie
  • 1 x 650 g-boks sjokoladekoekmengsel
Klits eiers, olie en koffie in groot mengbak tot goed gemeng. Gooi koekmengsel by en meng tot gladde beslag. Verhit wafelpan tot warm. Spuit goed met kleefwerende kossproei. Skep
lepels vol van die beslag in die pan en maak toe. Braai vir 5 – 8 minute tot bros en gaar. Hou warm in louoond terwyl jy die res braai. Sit voor met heuning en roomys.
Foto's deur Donna Lewis

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking