Dinsdag 02 September 2014

Sjokolade-en-roomysrol

Genoeg vir 2 rolle
  • 2 groot eiers
  • 250 ml sonneblomolie
  • 250 ml sterk koffie
  • 1 x 650 g-boks sjokoladekoekmengsel
Vulsel
  • 2 liter roomys van jou keuse
  • 100 g witsjokolade, fyngekap
  • 250 ml room
  • 100 g donkersjokolade, fyngekap
Verhit oond tot 180 °C. Voer twee 35 x 27 cm-bakplate met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Klits eiers, olie en koffie in groot mengbak tot goed gemeng. Gooi
koekmengsel by en meng tot gladde beslag. Verdeel mengsel tussen bakplate en smeer eweredig. Bak vir 20 – 25 minute of tot toetspen skoon uitkom. Terwyl die koek bak, maak ’n skoon afdroogdoek effens klam. Plaas op skoon werkvlak en sprinkel dun lagie suiker oor doek. Keer koek met een vinnige beweging op doek uit. Sny rande van koek reguit met skerp mes. Rol koek stewig met behulp van die doek op. (Maak seker jy rol die doek saam met die koek op.) Laat afkoel in doek. Rol oop. Gebruik houtlepel en roer roomys tot sag en smeerbaar. Smeer roomys oor koek. Rol koek weer op, maar sonder die doek. Draai toe in kleefplastiek en plaas oornag in vrieskas. Plaas witsjokolade en helfte van room in glasbak. Plaas glasbak oor pot met water tot sjokolade gesmelt is. Smelt donkersjokolade met res van room ook oor pot met water. Verwyder kleefplastiek van rolkoek, plaas op opdienbord en gooi die twee souse oor. Sit voor.
Foto's deur Donna Lewis

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking