Dinsdag 30 September 2014

PIZZAWIELE

1 rol (400 g) skilferkorsdeeg
1 ui, gekap
1 groen en 1 rooi soetrissie, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
'n Handvol sampioene, gesnipper
2 wiele fetakaas, gekrummel
'n Handvol vars kruie, gekap
Metode:
Voorverhit die oond tot 220 °C en voer 'n plaat uit met bakpapier. Rol die skilferkorsdeeg effens dunner uit. Braai die ui, soetrissies en knoffel in 'n bietjie olyfolie tot sag. Voeg die sampioene by en braai tot gaar. Laat afkoel en meng met die gekrummelde fetakaas en kruie. Skep die mengsel op die deeg en versprei egalig. Rol op soos 'n konfytrol. Sny in wiele en bak vir 10 minute tot goudbruin en gaar. Lewer 15 wiele 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking