Dinsdag 02 September 2014

Hoender-ham-en-preipasteie

Genoeg vir 8
• 1 heel gaar hoender
• 30 ml botter
• 4 preie, in skywe gesny
• 1 x 125 g-pakkie Enterprise Slow CookedThickly SlicedTraditionalHam, in repies gesny
• 250 ml crème fraîche
• sout en swartpeper
• 4 velle (400 g elk) blaardeeg
• 1 geklitste eier
Haal hoendervleis van bene af. Smelt botter in ’n pan en braai preie tot sag. Voeg ham en crème fraîche by. Meng hoendervleis by. Geur goed met sout en peper. Laat eers afkoel voor jy pasteie maak. Verhit oond tot 200 °C. Spuit 6 holtes van ’n standaard-muffinpan goed met kleefwerende kossproei. Sny 6 sirkels van 14 cm in deursnee uit blaardeeg en voer holtes daarmee uit. Skep hoendervulsel in. Sny 6 sirkels van 10 cm in deursnee uit om bo-op te plaas. Seël rande met vurk se punte. Verf met geklitste eier en bak 35 – 40 minute. Laat effens afkoel en keer uit pan. Sit voor.
ENTERPRISE PROMOSIE

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking