Woensdag 20 Mei 2015

EAT SUM MORE FUDGE

EAT SUM MOR FUDGE
Vinnig en maklik, Eat Sum Mor Fudge vierkante.
Hierdie heerlike versnapperinge is maklik maar absoluut smaaklik.
‘n Defnitiewe gunsteling vir enige ouderdom
LEWER 36
BESTANDELE:
1 x 200 g pakkie Bakers EAT-SUM-MOR beskuitjies
250 ml gesmelte botter
5 ml vanieljegeursel
500 g gesifte versiersuiker
5 ml koffiepoeier
45 ml kakaopoeier
1 geklitste eier
ekstra versiersuiker
METODE:
Breek of sny die Bakers EAT-SUM-MOR beskuitjies in growwe stukke.
Voeg die gesmelte botter, vanielje, versiersuiker, koffiepoeier, kakaopoeier en eier by en meng goed.
Skep die mengsel in ’n gesmeerde 20 cm-vierkantige bak en maak die bokant gelyk.
Verkoel en sny dan in blokke.
Sif die ekstra versiersuiker bo-oor as versiering.
NS: Geregte wat botter bevat soos dié fudge, moet liefs in ’n lugdigte houer in die yskas gehou word
 Picture

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking