Maak: 18
Bereidingstyd: 45 minute, plus rys- en yskastyd
Gaarmaaktyd: omtrent 40 minute
• 820 ml (455g) witbroodmeel
• 70 ml (60g) suiker
• 10 ml (7g) droë kitsgis
• 170 ml melk teen kamertemperatuur
• 4 groot eiers, liggiesgeklits
• 100ml (110g) botter, saggemaak
• sonneblomolie vir diepbraai
Versiersel
• 960 ml (500g) versiersuiker, gesif
• pienk koskleursel
• koekstrooisels en-versierings
1
Sif die meel en 5 ml sout saam in ’n mengbak en meng die suiker en gis
by. Klits die melk en eiers in ’n aparte bakkie saam met ’n vurk.
Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddele en gooi die
vloeistof daarin. Meng die droë bestanddele met ’n houtlepel van die
kante af in.
2 Gooi die mengsel in ’n
voedselverwerker en meng vir 10 minute teen ’n stadige spoed met die
deeghaak. Dit sal nogal taai raak. Bedek met ’n klam vadoek en laat rys
op ’n warm plek vir omtrent 11⁄2 uur of tot dubbel die volume. Knie die
deeg af en werk dan die botter in die deeg in tot goed gemeng. Bedek en
laat vir minstens vier uur of oornag in die yskas staan.
3
Haal die deeg uit die yskas en knie dit vir ’n paar minute. Rol dit tot
omtrent 2,5 cm dik uit op ’n oppervlak waaroor jy liggies meel gesif
het. Druk sirkels daaruit met ’n skon-koekiedrukker. Gebruik ’n kleiner
koekiedrukker om ’n sirkel uit die middel van elke groter sirkel uit te
druk. Herhaal met die res van die deeg. Pak die ringe op ’n gesmeerde
bakplaat en los spasies tussenin vir rys. Laat rys teen kamertemperatuur
vir 30 tot 45 minute of tot dubbel die volume.
4
Verhit die olie tot 180oC in ’n diepbraaier of middelslag-kastrol.
Gebruik ’n olie- termometer om te kyk of die olie reg is, of gooi ’n
blokkie witbrood daarin. As die brood binne 40 sekondes goudkleurig is,
is die olie reg. Braai twee tot vier oliebolle op ’n slag tot
goudkleurig en gaar. (Dit behoortongeveer vyf minute te duur.) Skep die
oliebolle uit en dreineer dit op kombuispapier. Herhaal met die res van
die oliebolle.
5 Pak die oliebolle op draadrakkies en laat heeltemal afkoel.
6
Versiersel Maak glaseerversiersel deur bietjies-bietjies warm water op
’n slag by die versiersuiker te meng tot dit glad en drupbaar is. Kleur
dit verskillende skakerings van pienk en hou van die versiersel wit.
Skep dit oor die oliebolle en laat dit oor die kante loop. Strooi die
koekversierings oor en laat heeltemal stol.
Slim ideeSpaar tyd en bestel onversierde oliebolle by jou plaaslike bakkery. Jy kan dit dan net self versier
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking