Woensdag 20 Mei 2015

SJOKOLADE POEDING FUDGE

SJOKOLADE POEDING FUDGE
1 Pakkie sjokoladepoedingmengsel ( instant pudding )
1 en n half koppie Suiker
halwe koppie melk
1 eetlepel botter ( ek het my vervang met Stork Bake )
halwe teelepel vanielje.
METODE:
Plaas sjokoladepoeding, suiker en melk in n kastrol en bring tot kookpunt.
Roer aanhoudend om aanbranding te voorkom.
Wanneer die sagte bal-stadium bereik word, haal van stoof af.
Laat afkoel tot louwarm. Voeg botter en vanielje by en klits goed tot dik en romerig.
Giet uit in n gesmeerde bak en laat stol.
Sny in blokkies. ( Ander poedinggeure, soos botterkaramel, kan ook gebruik word. )
 Picture

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking