Woensdag 20 Mei 2015

SMELT IN DIE MOND FUDGE

SMELT IN DIE MOND FUDGE
Hierdie een is 'n bietjie meer moeite, maar die moeite is dit werd!
125 g botter
40 ml goue stroop
397g-blik kondensmelk
250 ml warm water
6 x 250 ml wit suiker
250 ml koekmeelblom
10 ml vanillageursel
5 ml asyn
METODE:
Smelt dit botter in 'n groot kastrol.
Roer die stroop, kondensmelk en water vinnig daarby.
Meng die suiker en meel goed met mekaar en voeg dit by die bottermengsel.
Roer totdat die suiker opgelos is. Sorg dat al die suiker van die kante van die kastrol af is - borsel dit met 'n kwassie van die rand af.
Sodra die suiker opgelos is, laat die mengsel vinnig kook terwyl aanhoudend geroer word.
Kook tot die sagtebalstadium - 115 grade as jy 'n termometer het.
Verwyder die mengsel van die hitte.
Voeg die vanillageursel en asyn by en meng goed.
Laat effens afkoel en klop die mengsel dan baie goed.
Skep dit in 'n gesmeerde bakplaatjie en sny in blokkies voordat die mengsel heeltemal hard is.
Wat is die Sagtebalstadium?
Hierdie is basies 'n tegniek om te toets of jou fudge lank genoeg gekook het.
As jy 'n suiker termometer het, is dit reg wanneer die temperatuur so 112-115 grade bereik.
As jy nie 'n termometer het nie, moet jy dit maar op die "old school" manier toets - drup 'n teelepelvol van die mengsel in 'n glas koue water.
As dit reg is, sal dit dadelik 'n balletjie maak wat sag voel as jy dit tussen jou vingers vryf.
(Maar as jy beplan om baie fudge te maak? Kry maar daai termometer...)
 Picture

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking