Sondag 22 Februarie 2015

Persian love cakes

If you're not a fan of rose water, these cakes would be equally delicious with a glaze made from orange blossom water or lemon zest. 
Makes 14

100g blanched almonds
100g pistachios
1/2 tsp ground cardamom
1/2 tsp ground cinnamon
150g butter, cubed
225g self-raising flour
185g castor sugar
3 eggs
225ml full cream plain yoghurt

Icing
100ml full cream plain yoghurt
2 cups icing sugar, sifted
Squeeze of lemon juice
Few drops of rose water, to taste

Preheat the oven to 180C. Grease and flour 14 small cannele or mini bundt molds (alternatively make a 20cm cake

 

Maandag 02 Februarie 2015


SJOKOLADE MOUSSE KOEK

Picture
SJOKOLADE MOUSSE KOEK
KOEKBESLAG:
500 ml koekmeel
375 ml suiker
20 ml bakpoeier
60 ml kakao
1 ml sout
4 eiers geskei en wit styfgeklits
275 ml olie
5 ml vanilla ess.
275 ml kookwater 
METODE:

Berei 2 x 20 cm koekpanne Sif meel,suiker,bakpoeier,sout,kakao saam Klits eierwitte tot styf
Klits eiergele,olie en ess saam en voeg by meel bestandele met Kookwater en meng goed Vou eierwitte in mengsel
Bak 25 tot 30 minute teen 180 C Wanneer koud sny koeklae in helfteVULSEL:
20 g gelatien
125 ml water
125 ml suiker
375 g blik caramel treat
250 ml vars room
250 ml Ideal melk verkoel vir 24 uur tot yskoud , dan klits dit dubbel die volume 
METODE:

Week gelatien in water oor bak met kookwater tot gesmelt en laat afkoel
Meng suiker in Klits vars room tot styf Klits ideal melk tot styf
Klits caramel treat tot glad Meng nou alles saam
Laat amper stol en smeer tussen koeklae
GANACHE:

versier met ganache
300 g donker sjokolade
250 ml vars room 
METODE:

Breek sjokolade in stukkies en smelt oor warm water
Roer room in tot glad
Laat effens afkoel en gooi bo-oor koek

SJOKOLADE KOEKLOLLIES (VAN OORSKIET KOEK)

Picture
250 g (2 k) oorskiet- of gekoopte vanielje- of sjokoladekoek
(of 5 - 7 vanielje- of sjokoladekolwyntjies of -muffins)
60 ml (¼ k) room
240 g (1¾ k) gekapte wit-, melk- of donkersjokolade
METODE
1) Kry jou bestanddele gereed.
2) Verkrummel die sjokoladekoek of muffins in ’n bak of plaas in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyn krummels.
3) Verhit die gekapte sjokolade en room saam in ’n bak in ’n mikrogolfoond teen 20% krag of op die ontdooistelling. Roer na elke minuut tot die mengsel gesmelt en glad is.
4) Roer die koek- of muffinkrummels in die sjokolademengsel terwyl dit nog warm is.
5) Druk die mengsel met ’n spaan plat.
6) Sit die bak 30 minute in die yskas vir die mengsel om styf te word.
7) Haal die mengsel uit die yskas en gebruik ’n spanspekballetjie-snyer of teelepel om ewe groot koekballetjies te skep. As die koekmengsel aan die balletjiesnyer of lepel kleef, doop dit in kookwater voor jy die mengsel uitskep.
Rol balletjies van die mengsel of maak verskillende vorms, byvoorbeeld vierkante, reghoeke, harte, keëls of silinders.
9) Plaas die balletjies of vorms op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en sit dit 15 minute in die yskas om effens af te koel.
10) Versier die koekballetjies en druk suiglekkerstokkies daarin.
Wenke:
Hierdie koeklolliemengsel kan in ’n lugdigte houer tot vyf dae teen kamertemperatuur of sewe dae in die yskas gebêre word.
Vir wit koeklollies, gebruik vanieljekoekkrummels en gekapte witsjokolade en vir donkersjokolade-koeklollies gebruik sjokoladekoekkrummels met gekapte donkersjokolade.
Die hele mengsel of die gerolde balletjies kan tot drie maande gevries word. Ontdooi die mengsel of balletjies oornag in die yskas voordat jy hulle versier.
Om tradisionele koeklollies te maak, meng 375 g (3 k) koekkrummels met 90 g (½ k) botterversiersel totdat jy ’n stywe mengsel verkry. As die mengsel te sag is, voeg nog koekkrummels by. As dit te styf voel, vermeerder die botterversiersel.
2414552.jpgSJOKOLADE KOEK MET VRUGTE 
SJOKOLADE KOEK MET VRUGTE
KOEK

500 g aarbeie of enige vars bessies of appelliefies, kleiner gesny indien nodig
1 plak (100 g) donkersjokolade,
in stukke gekap (opsioneel)
180 ml (¾ k) fyn amandels
750 ml (3 k) koekmeel
350-500 ml witsuiker
90 ml (6 e) kakao
10 ml (2 t) koeksoda
160 ml (²⁄³ k) olie
30 ml (2 e) asyn
10 ml (2 t) vanieljegeursel
500 ml (2 k) koue water
JOGURT-GANACHE
200 g (2 plakke) donkersjokolade, in stukkies gebreek
175 ml (1 houer) natuurlike jogurt
aarbeihelftes vir versiering (opsioneel)
METODE: 
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondpan.
KOEK 
Plaas die vrugte en sjokolade in ’n mengbak en voeg die amandels by. Hou eenkant.
Sif die droë bestanddele saam en maak ’n holte in die middel.
Klits die olie, asyn, vanieljegeursel en water saam in ’n ander bak en giet in die holte. Klits tot goed gemeng. Vou die vrugte, sjokolade en amandels in.
Skep in die oondpan. Stamp dit liggies om van die grootste lugborrels ontslae te raak en bak sowat 30-40 minute tot gaar en tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Bedek met tinfoelie as die koek te donker word.
JOGURT-GANACHE 
Smelt die sjokolade en meng met die jogurt.
Verkoel tot effens verdik, klop af en toe en skep oor die koek. Laat staan tot stewig. Sny in blokkies en versier met aarbeie indien verkies.



7772344.jpg
SJOKOLADE EN GUINNESS KOEK
SJOKOLADE EN GUINNESS KOEK 

Lekker klam en ryk.
(8 – 10 Porsies)
1 x 440 ml Guinness-bier
460 g (500 ml) botter
375 ml kakao560 g (1000 ml) koekmeel
420 g (500 ml) strooisuiker
15 ml bakpoeier
5 ml sout
4 eiers
190 ml suurroom
VERSIERSEL:
125 ml room
200 g donkersjokolade, grofgekap
2 x 220 g-houer roomkaas, liggies geklits
METODE:
Verhit oond tot 180 °C. Plaas bier, botter en kakao in middelslag- pot.
Bring tot net onder kookpunt oor lae hitte. Roer tot botter gesmelt is.
Sif meel, strooisuiker, bakpoeier en sout saam in middelslag-mengbak.
Klits eiers en room by biermengsel. Voeg mengsel by droë bestanddele en meng tot gladde beslag.
Verdeel tussen 3 x 20 cm-losboom-koekpanne, wat met kleefwerende kossproei gespuit is.
Bak 35 – 40 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Keer uit op afkoelrak.
Laat heeltemal afkoel. Sny koeklae se bokante met skerp mes gelyk.
VERSIERSEL:
Bring room tot kookpunt en gooi oor sjokolade.
Roer tot glad. Plaas eerste laag koek op opdienbord en smeer 1/3 van roomkaas oor.
Herhaal met res van koeklae en roomkaas. Gooi sjokoladesous oor en laat stol. Sit voor.

SJOKOLADE KOEK

Picture
SJOKOLADE KOEK
Maak:
 1 x 26 cm-koek
Bereidingstyd: 30 minute
Baktyd: 1 uur
Oondtemperatuur: 180°C
790 ml (440 g) koekmeel
125 ml (40 g) kakaopoeier
20 ml bakpoeier
260 ml (240 g) botter
370 ml (320 g) strooisuiker
4 groot eiers
275 ml melk
3/4 hoeveelheid botterversiersel of sjokolade-ganache (resep hier onder)
vars bessies vir versiering
METODE:
Sif die meel, kakaopoeier, bakpoeier en ’n knippie sout in ’n bak. Klop die botter en suiker saam tot lig. Voeg die eiers een-een by en
klop elke keer goed.
Vou die meelmengsel om die beurt met die melk by die botter- mengsel in tot alles net-net gemeng is. Gooi die beslag in ’n gesmeerde
en gevoerde koekpan van 26 cm of twee 20 cm-panne. Bak in die verhitte oond vir ’n uur of tot ’n toetspen skoon uitkom.
Haal uit die oond en laat in die pan afkoel vir 10 minute. Keer dan uit en laat heeltemal afkoel op ’n draadrakkie. Smeer botterversiersel
of sjokolade-ganache aan en versier met vars bessies.
SJOKOLADE GANACHE:Verhit 250 ml room in ’n kastrol oor lae hitte. Voeg 200 g donkersjokolade-stukkies by en roer tot gesmelt. Haal van
die plaat af en laat afkoel. Sit in die yskas tot verdik. Klop tot lig en glad.

SJOKOLADE KOEK 

Picture
SJOKOLADE KOEK 
8 eiers, geskei
420 g (500 ml) strooisuiker
250 ml sonneblomolie
250 ml warm water
280 g (500 ml) koekmeel
30 ml bakpoeier
60 ml kakao
5 ml sout
100 ml Frangelico-likeur, of enige ander van jou keuse
BOTTER VERSIERSEL 
500 g botter
650 g (1 250 ml) versiersuiker, gesif
80 ml kakao, gesif
250 g aarbeie
METODE:
Verhit oond tot 180 °C.
Spuit twee losboompanne van 30 cm elk met kleefwerende sproei en voer uit met bakpapier.
Klits eiergele en suiker goed in 'n middelslag-mengbak.
Voeg olie en water by en meng goed.
Sif droë bestanddele saam en meng by oliemengsel.
Klits eierwitte met 'n elektriese klitser tot sagte punte vorm en vou by beslag in.
Verdeel mengsel tussen twee panne en bak vir 30 - 35 minute of tot 'n toetspen skoon uitkom.
Sprinkel Frangelico oor en laat afkoel.
Room botter vir versiersel tot lig en romerig in jou elektriese menger.
Voeg versiersuiker en kakao by. Meng goed. Verdeel elke koek in twee helftes met 'n skerp mes.
Verdeel versiersel tussen elke laag en plaas op mekaar.
Eindig met versiersel bo-op.
Sit aarbeie op en sit voor.

PLAATKOEK MET MERINGUE EN SJOKOLADE VERSIERING

Picture
PLAATKOEK MET MERINGUE EN SJOKOLADE VERSIERING
BASIESE SJOKOLADEKOEK

Maak: 1 x 20 cm-koek
Bereidingstyd: 45 minute
Baktyd: 30-35 minute
Oondtemperatuur: 180˚C
550 ml (300 g) koekmeel
5 ml koeksoda
125 g (135 ml) botter
400 g (470 ml) suiker
125 ml olie
50 g (155 ml) kakaopoeier
2 ekstra-groot eiers
125 ml karringmelk
METODE:
Sif die meel, koeksoda en ’n knippie sout saam.
Gooi die botter, suiker, olie en kakao in ’n kastrol met 250 ml water en verhit dit tot kookpunt. Roer goed.
Haal dit van die plaat af en laat dit effens afkoel. Vou die meelmengsel liggies in.
Klits die eiers en karringmelk saam. Voeg dit by die meelmengsel en vou dit liggies in.
Gooi die beslag in ’n 20 cmkoekpan wat gevoer en gesmeer is en bak dit vir 30-35 minute in die verhitte oond of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat die koek heeltemal afkoel. Versier dit met Italiaanse meringueversiersel of sjokoladeversiersel.
ITALIAANSE MERINGUE VERSIERSEL:Los 300 g (350 ml) witsuiker in 175 ml water op. Verhit dit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat dit prut tot dit die sagtebalstadium (112-116˚C op ’n suikertermometer) bereik. Verf die kante van die kastrol met water om te keer dat kristalle vorm. Terwyl die suikerstroop kook, klits 4 groot eierwitte (teen kamertemperatuur) en 1 ml kremetart tot dit stywe punte vorm. Wanneer die stroop reg is, sit die kastrol vir 5 sekondes in ’n wasbak vol koue water om die kookproses stop te sit. Gooi die stroop in ’n dun straaltjie by die eierwitmengsel terwyl jy die heeltyd klits tot jy al die
stroop bygevoeg het. Hou aan met klits tot die mengsel afgekoel het (omtrent 8 minute). Skep die versiersel in ’n spuitsak en versier die kolwyntjies daarmee, of smeer dit oor die plaatkoek.
SJOKOLADE VERSIERSEL (VIR PATROONTJIES)Smelt 75 g (80 ml) botter. Roer 30 ml kakaopoeier by. Voeg 45 ml karringmelk en 5 ml vanieljegeursel by.
Roer laastens 200 g (385 ml) gesifte versiersuiker by.
Maak: 1 vierkantige 24 cm-koek, of ’n 30 x 25 cm-koek
Bereidingstyd: omtrent 2 uur, plus stoltyd
Baktyd: 30 minute
Oondtemperatuur: 180˚C
MIKROGOLF OF OOND SJOKOLADEKOEK
JAENETTE SE SJOKOLADEKOEK

2 kop koekmeel
2 kop suiker
200 ml warm water
50 ml olie
30 ml cocoa
10 ml vanilla essens
20 ml bakpoeier
Knippie sout
6 eiers
METODE:
Voeg vanilla,cocoa en olie by warm water en meng goed.
Room eiergele en suiker saam.
Voeg water cocoa mengsel by en meng goed.
Voeg nou die meel, bakpoier en sout by en meng goed deur.
Klits eier witte styf maar nie testyf nie hy moet nie punte maak nie. Vou in deeg mengsel in.
Gooi in n mooi ring pan wat voor af gesmeer is.
Bak 30-40 minute in warm oond 180* of tot gaar.
Hierdie koek kan ook gemicrogolf word vir 10 minute op hoog.
Dit is n baie groot koek u kan hom halveer.
EK VERSIER HOM SOOS VOLG: 
1 Groot slap ( plak ) Cadbury plain sjokolade.
1 blikkie nestle room.
Smeld sjokolade in in n mengbak in microgolf oond.
Laat dit afkoel vie drie minute.
Gooi room by en meng goed en gooi bo oor die koek. Gooi stukkies sjokolade bo oor.
MIKROGOLF SJOKOLADE KOEK IN 7 MINUTE
7 MINUTE SJOKOLADE KOEK
BESTANDELE: 

250ml koekmeel
250ml suiker
15ml bakpoeier
45ml kakao
60ml sonneblomolie
250ml warmwater
2 eiers
5ml vanielje essens
2.5ml sout
METODE: 
Klits warmwater en olie saam.
Klits eiers en vanielje essens by.
Klits meel, suiker, kakao, bakpoeier en sout by.
Smeer of spuit n lee 2ℓ roomysbak.
Gooi die mengsel in die bak.
Sit n omgekeerde piering of bakkie in die mikrogolfoond.
Plaas die roomysbak met die mengsel bo-op die piering of bordjie.
Draai mikrogolfoond op 7 min, hoog.
Los dit in die oond vir nog 2 min.
Smeer sjokoladevulsel  oor wanneer die koek koud is
VULSEL:
250ml botter
30ml kakao
500ml versiersuiker
15ml koffie
Klits alles saam tot lekker romerig en smeer oor koek.
MIKROGOLF - SJOKOLADE MOKKA KOEK
SJOKOLADE MOKKA KOEK IN DIE MIKROGOLF
Jy maak eintlik dieselfde koek twee keer, met ’n klein verskil.

Lewer 12 snye
Bereiding: 15 minute
Baktyd: 24-30 minute

SJOKOLADEKOEK
250 ml (1 k) koekmeel
250 ml (1 k) suiker
15 ml (1 e) bakpoeier
1 ml (¼ t) sout
45 ml (3 e) kakao
5 ml (1 t) vanieljegeursel
250 ml (1 k) kookwater
60 ml (¼ k) olie
2 ekstragroot eiers, geklits
MOKKA-KOEK
sjokoladekoekbestanddele (sonder kakao)
45 ml (3 e) ekstra meel
30 ml (2 e) kitskoffie, opgelos in die koppie
kookwater
BOTTERVERSIERSEL
125 g sagte botter
250 g versiersuiker, gesif
10 ml (2 t) sterk kitskoffie, opgelos in 15 ml
(1 e) kookwater
GANACHE
100 g donkersjokolade, in blokkies gebreek
60-75 ml (4-5 e) room
METODE: 
Voer die boom van twee 2 L-roomysbakke met kombuispapier uit.
SJOKOLADEKOEK Sif al die droë bestanddele saam. Meng die res van die bestanddele en klits dit by die droë bestanddele. Meng goed. Giet in een van die roomysbakke. Plaas die bak op ’n omgekeerde piering in die mikrogolfoond en mikrogolf 12-15 minute. Laat 5 minute afkoel, keer uit en trek die papier af.
MOKKA-KOEK Berei soos die sjokoladekoek, maar laat die kakao uit en gebruik die ekstra bestanddele.
BOTTERVERSIERSEL Verroom die botter. Voeg die versiersuiker geleidelik by. Klits tot lig en donsig. Voeg die koffiemengsel by en klits weer.
GANACHE Smelt die blokkies sjokolade en die room 1 minuut saam in die mikrogolfoond.
Roer gereeld. Laat effens afkoel.
Halveer elke koek, smeer versiersel tussen die lae en pak op mekaar.
Smeer die ganache oor die boonste laag.
MIKROGOLF SJOKOLADE KOEK MET GEHEIME VULSELMIKROGOLF SJOKOLADE KOEK MET GEHEIME VULSEL
1 koppie gesifte koekmeel
1 koppie strooisuiker
12.5ml bakpoeier
2 ml sout
Meng bogenoemde bestandele.
Klits 3 eiers tot sponserig.
Voeg 80ml kookolie in dun straaltjie by eiers terwyl menger op hoë spoed klits. Voeg 75 ml kakao by.
Klits nou 1 teelepel hoogvol sterk koffie by 1 koppie kookwater en voeg by kakao , eier en olie en klits als tot skuimerig.
Voeg nou die droë bestandele by die nat terwyl met menger geklits word tot net gemeng en glad.. Moenie te veel klits .. Die bakpoeier gaan platval. Gooi in bespuite ringkoek pan (sulicon soort werk heerlik.. Maar moet die diep een wees)
Bak vir 6 minute op hoog in milrogolf.
Keer dadelik na gaar uit op bord en plaas die ring weer terug oor die warm koek. Die koek stoom homself nou heerlik klam. Laat afkoel voor pan verwyder word.
MAAK INTUSSEN DIE GEHEIME SOUS
(baie ryk) nie vir sensitiewe eters nie!!
2 koppies room
Halwe koppie botter
Meng 1 koppie suiker met 100ml maizena en 100ml kakao.
Meng die room by en plaas botter by bogenoemde..gebruik n diep mikrogolf bak.
Kook die mengsel vir ongeveer 10 minute en roer na byna elke minuut tot lekker dik, blink en die whisk spore maak..
Gooi net so warm oor die koek. Ek vul die gaaitjie ook met die mengsel.
Strooi biki kakao oor koek en bedien..
Die vulsel stol oor die koek.. Werk maar vinnig.. Kan ook vir gewone skokoladekoek gebruik word.

MINI SJOKOLADE KOEKE

Picture
MINI SJOKOLADE KOEKE 
Maak:6-10
Baktyd: 20-40 minute
Oondtemperatuur: 150 ºC
180 g donkersjokolade,  gekap
150 g (165 ml) botter
5 groot eiers, geskei
35 g (110 ml)  kakaopoeier
220 g (250 ml) strooisuiker
100 g gemaalde amandels
GANACHE 
90 g donkersjokolade, gekap
100-125 ml room
METODE:
Smelt die sjokolade en botter saam in ’n
kastrol oor ’n lae hitte. Sit eenkant om effens af te koel.
Roer die eiergele, kakao en suiker by.
Klop die  eierwitte in ’n aparte bak tot stywe punte vorm.
 Vou ’n kwart daarvan by die  sjokolademengsel in en vou Dan die res liggies in.
Strooi  die helfte van die gemaalde amandels oor, vou in en vou Dan die res in. 
Vir individuele koeke kan jy die beslag in gesmeerde oondvaste teekoppies of ramekins gooi,
 of gebruik ’n gesmeerde en gevoerde koekpan van 20 cm.
Bak vir omtrent 20 minute in die verhitte oond of tot ’n toetspen skoon uitkom. 
Hoe groter die koppies of ramekins, hoe langer moet dit in die oond bly. 
Laat in die koppies, bakkies of pan afkoel.
GANACHE:
Verhit die sjokolade en room  saam tot die sjoko-lade gesmelt het.
Gebruik minder room vir ’n smeerbare versiersel of meer  room vir ’n versiersel wat jy kan oorgooi.
Laat afkoel en smeer of gooi oor die koek.
MINI SJOKOLADE KOEKIES 
MINI SJOKOLADE KOEKIES

Hierdie heerlike mini-koekies is regtig verspot maklik om te maak – gooi net die bestanddele bymekaar en klits.
Lewer 8 minikoekies
Bereiding: 5 min.
Bak: 45 min.
KOEK
500 ml (2 k) koekmeel
80 ml ( k) kakao
250 ml (1 k) fyn amandels
10 ml (2 t) bakpoeier
375 ml (1½ k) bruinsuiker
200 g botter, gesmelt
3 eiers
250 ml (1 k) karringmelk
GANACHE
150 g donkersjokolade
125 ml (½ k) room of natuurlike jogurt
AFRONDING
24-30 mini-meringues
METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C. S
puit 8 klein ramekins en bestuif met meel.
Plaas bakpapier op ’n bakplaat; spuit en bestuif dit met mielieblom.
KOEK:
Plaas al die bestanddele in ’n groot mengbak en klits baie goed. Skep die pannetjies driekwart vol en bak sowat 45 min. of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Keer uit op ’n draadrakkie om heeltemal af te koel. Verlaag die oondtemperatuur tot 100 °C.
GANACHE:
Smelt die sjokolade; roer die room of jogurt by. Laat effens afkoel tot smeerbaar.
AFRONDING:
Plaas die koekies op ’n opdienbord en smeer die ganache oor die hele koekie. Pak die meringues bo-op en laat staan om te verstewig. Stuif met versiersuiker indien verkies.
MILO-SJOKOLADE KOEK
MILO- SJOKOLADE KOEK

125 g botter, kamer temperatuur
60 ml strooi suiker
195 gram koekmeelblom (1 en 1/4 kop meel)
12,5 ml bakpoeier
150 g Milo poeier
3 eiers
125 ml karringmelk
KONDENSMELK VERSIERSEL:
150 g botter, by kamertemperatuur
350 g versiersuiker
160 ml kondensmelk
VIR DIE SJOKOLADE GANACHE
300 ml room
400 g donker sjokolade
125 ml Milo poeier
BAK DIE KOEK:
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer 'n 20cm koekpan met margarien (of spuit) en voer dit met bakpapier uit.
Room die botter en suiker saam tot glad en romerig. Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Sif die meel, bakpoeier en Milo saam en dan voeg dit bietjie vir bietjie by die bottermengsel terwyl op stadige spoed geklits word. Klits nou die karringmelk in. Gooi die beslag in die koekpan en bak vir 40-45 minute of tot toetspen gaar uit die middel van die koek kom. Laat die koek vir 10 minute afkoel en keer dan uit. Laat heeltemal op 'n draadrakkie afkoel.
MAAK DIE KONDENSMELK VERSIERSEL:
Plaas die botter in 'n menkbak en klits vinnig tot lig en romerig - voeg die versiersuiker en kondensmelk by en klits tot goed gemeng. Sny die koek in drie gelyke dele, en dit die koeklae aanmekaar met die versiersel.
MAAK DIE SJOKOLADE GANACHE:
Smelt die room, sjokolade en Milo in 'n kastrol op die stoof of in 'n mikrogolfvaste bak in die mikrogolf. (Die Milo is geneig om klontjies te maak, so die voorstel is om dit eers in die warm room op te los voordat die sjokolade bygevoeg word.) Laat die mengsel goed afkoel totdat dit maklik kan smeer en bedek die hele koek daarmee. (As jy haastig is kan jy die ganache in die yskas sit om af te koel - soos dit kouer word, so word dit stywer en kan dit makliker smeer. Moenie wag tot dit te koud is nie, want dan smeer dit weer baie moeilik.)

KLAM SJOKOLADE KOEK

Picture
HEERLIKE KLAM SJOKOLADE KOEK 
Oond : 180 gr C.
Smeer en voer 2 ronde koekpanne met bakpapaier.
VERHIT:
1 k water en 5 E kakaopoeier.
Koel effe af.
SIF:
2 k Bruismeel,
½ t sout,
Voeg dan 2 k suiker by, in mengbak.
Roer kakaomengsel by.
KLITS SAAM IN GROOT BEKER OF BAK:
125 ml karringmelk
1 t koeksoda.
½ t kaneel en
1 t vanilla en
2 eiers.
Roer by vorige mengsel tot glad.
Skep in 2 koekpanne en bak vir ‘n half uur tot gaar.
Keer uit op afkoelrak.
SJOKOLADE VERSIERSEL:
Verhit 2 k versiersuiker,
½ k kakaopoeier en
75 gr botter
knippie sout en
4 E karringmelk. [Moenie kook]
Gooi helfte van versiersel bo-oor, sit lae opmekaar en gooi res van versiersel bo-oor
Bron: Radio Namakwaland
Plasing:  Henriette Wessels/WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
1772473.jpgKLAM SJOKOLADE KOEK 
KLAM SJOKOLADE KOEK
BESTANDELE:

75 ml kakao
150 ml5 ml vanieljegeursel
250 ml koekmeelblom
1 ml sout
10 ml bakpoeier
250 ml suiker
125 ml kookolie
3 groot eiers (geskei)
METODE:
Voorverhit die oond 180°C.
Berei twee 200mm koekpanne voor.
Meng die kakao, kookwater en vanieljegeursel.
Sif die droë bestandele saam en voeg suiker by.
Maak holtes in die koekmeel en giet die olie, eiergele en kakaomengstel daarin.
Klits die mengsel 2 minute met ‘n elektriese klitser.
Klits die eierwitte styf en vou dit liggies in die meelmengsel in.
Giet mengsel in voorbereide panne en bak vir 15 – 20 min tot gaar.
*Vir ‘n wit koek, gebruik 55 ml mielieblom (maizena) in plaas van kakao .
Hierdie koek kan versier word met enige versiersel van jou keuse, maar ‘n LEKKER SJOKOLADE BOTTERVERSIERSEL
Altyd ‘n wenner.
BESTANDELE:
250g sagte botter of margerien
500g versiersuiker
125g kakao
1-2 eetl water of melk
5ml vanieljegeursel
METODE:
Sif die versiersuiker en kakao saam.
Gebruik ‘n elektriese klitser en klits die botter/margerien tot dit sag en ligter van kleur is.
Voeg die versiersuiker mengsel lepelsgewys by tot die mengsel begin dik word.
As dit te dik is, gooi die water of melk by om dit meer mengbaar te maak.
Voeg heel laaste die vanieljegeursel by en meng goed.
Smeer die mengsel tussen die lae en bo op die koek en versier met sjokolade krulle.
Bron & Foto: Pasgetrou
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

KARRINGMELK SJOKOLADE KOEK

Picture
KARRINGMELK SJOKOLADE KOEK 
250 ml suiker
60 ml sagte botter
3 ml vanieljegeursel
3 eiers
375 ml koekmeel
80 ml kakao
15 ml bakpoeier
3 ml sout
125 ml karringmelk
80 ml water
METODE: 
Voorverhit oond tot 170 °C en smeer ’n koekpan van 24 cm. Klits suiker en botter saam tot lig en donsig. Voeg vanieljegeursel en eiers by en klits goed. Voeg droë bestanddele by en roer een of twee keer. Meng karringmelk en water en voeg by.
Klits tot glad en giet in pan. Versprei egalig en bak vir 35-40 minute, tot gaar. Laat vir 10 minute in pan afkoel en keer dan op ’n draadrak uit. Versier met sjokoladebotterversiersel, karamelkondensmelk of Nutella (sjokoladehaselneutsmeer).
Lewer 12 porsies.
Wenk: Om jou eie karringmelk te maak, meng 125 ml vars melk met 15 ml suurlemoensap of asyn. Laat staan vir ’n rukkie, tot dik, en gebruik.
Bron: Landbouweekblad
Plasing: Joey Kruger / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK 

KARRINGMELK SJOKOLADE KOEK 

Picture
KARRINGMELK SJOKOLADE KOEK
Beslis die moeite werd om te bak – lekker klam en maklik
Gebruik ’n broodpan van sowat 18 cm.
280 g (500 ml) meel
400 g (500 ml) suiker
80 g (200 ml) kakao
10 ml bakpoeier
2 eiers
5 ml sout
250 ml karringmelk
250 ml sonneblomolie
5 ml vanieljegeursel
250 ml kookwater
METODE:
Verhit jou oond tot 150 ºC. Plaas al die bestanddele in die mengbak van ’n elektriese menger. Meng teen medium-spoed totdat alles goed gemeng is. Gooi in die uitgevoerde en gesmeerde broodpan en bak vir 1 uur. Haal uit en laat afkoel voor jy die koek versier.
VERSIERSEL:
250 ml room
30 ml kakao, gesif
30 ml strooisuiker
Klits die room styf. Voeg die kakao en strooisuiker by en meng goed. Plaas in ’n spuitsak en versier die koek bo-op. Rangskik sjokoladekoekies bo-op.
Bron: SARIE KOS
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK



KARAMELMOUSSE SJOKOLADEKOEK
KARAMELMOUSSE SJOKOLADEKOEK
KOEK

750 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
375 ml bruinsuiker
5 ml koeksoda
80 ml kakao
2 ml sout
250 ml olie
15 ml vanieljegeursel
60 ml wit druiweasyn
500 ml kookwater
KARAMELMOUSSE
1 x 360 g blik karamelkondensmelk
250 ml room
30 ml karamelgeur-kitspoedingpoeier
500 ml karamelspringmielies, om oor te sprinkel
VIR DIE KOEK:
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n standaardoondpan en voer uit met bakpapier.
Meng die droë bestanddele in ’n groot bak.
Klits die olie, vanieljegeursel, asyn en kookwater saam en voeg by die droë bestanddele. Meng goed tot glad en giet in die oondpan.
Smeer gelyk en bak vir 25-30 minute, of tot ’n toetspen skoon uit die hoogste deel van die koek kom.
Haal uit die oond en laat vir 15 minute in die pan afkoel voor jy die koek uitkeer, die bakpapier aftrek en verder op ’n draadrak laat afkoel.
VIR DIE KARAMELMOUSSE: Klits die karamelkondensmelk, room en karamelgeur-kitspoedingpoeier vir vyf minute teen ’n hoë spoed tot lig en donsig.
Laat staan vir 10 minute, klop weer en smeer dan egalig oor die hele koek.
Sprinkel karamelspringmielies oor net voordat die koek voorgesit word. Bedien met koffie. Lewer 20 porsies.
NOTA: Dis 'n staatmakerresep vir verjaardagkoek, om vir markdag skool toe te stuur of, met ’n sous of mousse, as indrukwekkende nagereg voor te sit.
Bron: Arina du Plessis
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK



IDEAL MELK SJOKOLADE KOEK
IDEAL MELK SJOKOLADE KOEK 
40 ml botter - smelt en gooi by
75 ml kookwater
5 ml vanilla
KLITS SAAM TOT ROOM: 
3 eiers
250 ml suiker
SIF SAAM:
250 ml koekmeel
25 ml kakao hoogvol.
10 ml bakpoeier.
2 ml sout.
Vou meelmengsel by eiermengsel.
Gooi bottermengsel by.
Gooi in n ringkoekpan( of n gewone een) en bak vir 30 min by 180°C Of tot n toetspen skoon uitkom.
SOUS:
KOOK SAAM: 
3/4 blik Idealmelk en 125 ml suiker.
kook stadig tot al die suiker opgelos is en gooi dadelik oor die koek sodra dit uit die oond kom.
Laat heeltemal afkoel en keer uit op n mooi opdienbord.
SMELT SAAM EN GOOI OOR DIE KOEK:
oorblywende 1/4 blik Idealmelk En 2 blokke Hazelneut Chocolate .
Min moeite maar die eindresultaat is iets werklik besonders
NOTA VIR DIE KOEK OP DIE FOTO: Ek het die resep verdubbel en met Kit Kat en Maltezers versier
Bron: Jana Prinsloo
Plasing & Foto: Hettie Bezuidenhout/WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Picture


IDEAL MELK SJOKOLADE KOEK

Picture
IDEAL MELK SJOKOLADE KOEK 
40 ml botter - smelt en gooi by
75 ml kookwater
5 ml vanilla             
KLITS SAAM TOT ROOM:  3 eiers
250 ml suiker          
SIF SAAM:250 ml koekmeel
25 ml kakao hoogvol. 
10 ml bakpoeier.
2 ml sout.                                                           
Vou meelmengsel by  eiermengsel.
Gooi bottermengsel by.
Gooi in n ringkoekpan( of n gewone  een) en bak vir 30 min by 180°C Of tot n toetspen skoon uitkom.         
SOUS:Kook saam:
3/4 blik Idealmelk en 125  ml suiker.
kook stadig tot al die suiker opgelos is en gooi dadelik oor die koek sodra dit uit die oond kom.
Laat heeltemal afkoel en keer uit op n mooi opdienbord.                   
SMELT SAAM EN GOOI OOR DIE KOEK:
oorblywende 1/4 blik Idealmelk En 2 blokke Hazelneut Chocolate .                
Min moeite maar die eindresultaat is iets werklik besonders
Bron: Onbekend
Plasing:  Hettie Bezuidenhout/WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
IDEAL MELK SJOKOLADE KOEK 
IDEAL MELK SJOKOLADE KOEK

BESTANDELE:
375 ml Meel
250 ml Melk
250 ml Suiker
2 ml Sout
10 ml Bakpoeier
125 ml Olie
60 ml Kakao
125 ml Kookwater
4 Eiergele
4 Eierwitte
BESTANDELE SOUS:
¾ Blik Ideal Melk
125 ml Suiker
BESTANDELE VERSIERING:
2 Plakke Heelneut sjokolade
¼ Blikkie Ideal Melk
METODE KOEK:
Klits eierwitte tot styf.
Meng droë bestanddele.
Maak gaatjie in droë bestanddele.
Voeg eerste olie, dan kakao gemeng met water, melk en eiergele by.
Klits goed.
Voeg bakpoeier by eierwitte en klits weer.
Vou eierwitte in by mengsel.
Bak teen 180º C vir 30 tot 40 minute in reghoekige oondbak (die koek bly in die bak, so moenie in gewone koekpanne bak nie).
METODE SOUS:
Kook Ideal melk en suiker saam.
Maak gaatjies in koek met dun voorwerp.
Gooi stroop oor koek.
Laat koek heeltemal afkoel.
METODE VERSIERING:
Smelt sjokolade saam met ¼ Blikkie Ideal melk en gooi oor koek.
Bron: Onbekend
Plasing & Foto: Michelle Abrahams / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

HEMELSE SJOKOLADE KOEK 

Picture
Charmain vertel: “My liefdesverhouding met dié koek is só warm dat dit nooit sal afkoel nie! Dit moet klam en ryk wees. Wanneer jy dit opsny, doen jy dit in dun skyfies, want ’n mens moet dit bietjies-bietjies proe.
CHARMAINE SE HEMELS SJOKOLADE KOEK 
200 g donker sjokolade, in blokkies gebreek
200 g botter, in blokkies gesny
5 ml kitskoffiepoeier
125 ml water
160 ml bruismeel
160 ml koekmeel
1 ml koeksoda
250 ml muscovado-bruinsuiker
200 ml strooisuiker
60 ml kakao
3 eiers
75 ml karringmelk
GANACHE:
250 g donker sjokolade, in klein stukkies gekap
250 ml room
METODE:
Voorverhit die oond tot 160 °C. Smeer twee ronde koekpanne van 20cmen voer die bome met bakpapier uit. Plaas die sjokolade, botter, koffiepoeier en water in ’n swaarboomkastrol en verhit oor lae hitte. Roer net tot die sjokolade gesmelt is. Verwyder van hitte.
Sif die bruismeel, koekmeel, koeksoda, bruinsuiker, strooisuiker en kakao saam in ’n groot mengbak. Klits die eiers en karringmelk in ’n aparte bak. Giet die sjokolademengsel en die eiermengsel by die meelmengsel en roer tot alles net goed gemeng is.
Giet die beslag in die voorbereide panne en bak vir een uur tot gaar. (Die kors van die koek mag effens bars.) Laat in die pan afkoel en keer dan uit op ’n draadrak om heeltemal af te koel.
GANACHE: Sit die gekapte sjokolade in ’n mengbak. Verhit die room in ’n kastrol tot net onder kookpunt.
Giet dit oor die sjokolade en roer tot die sjokolade gesmelt het en die mengsel glad is.
Laat staan tot effens styf,maar nog vloeibaar.
Roer af en toe.
Smeer ’n bietjie van die ganache op een van die koeklae en plaas die lae op mekaar.
Giet die res daarvan oor die koek sodat dit teen die kante afloop. Versier die koek met sjokoladekrulle.
Bron: ARINA DU PLESSIS
Plasing: Joey Kruger / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK 
HEMELSE KARAMEL AMARULA SJOKOLADEKOEK
HEMELSE KARAMEL AMARULA SJOKOLADEKOEK

Dis ‘n heerlike klam koek wat lekker klam bly.
JY HET NODIG:
60 ml Kakao
125 ml kookwater
3 eiers
220 ml suiker
60 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
STROOP:
200 ml suiker
250 ml water
60 ml Amarula-likeur
1 blik karamelkondensmelk
styf geklopte room vir versiering
Flake-sjokolade
Stel oond op 180°C
BESLAG:
Meng kakao met kookwater en laat dit afkoel.
Klits eiers, suiker en olie saam, voeg koue kakaomengsel by en meng
deeglik.
Sif res van droë bestanddele by en meng goed.
Skep in 22 cm x 30 cm-pan en bak ongeveer 20 min. of tot toetspen
skoon uitkom.
STROOP:
Kook suiker en water saam vir 5 minute en verwyder van stoof en
voeg Amarula by. Roer goed. .
Prik koek met ‘n vurk sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop
oor.
VERSIER:
Laat goed koud word, verwyder uit pan, smeer karamelkondensmelk
en styf geklopte room oor.
Versier met Flake indien verkies (nie Pepperment Crisp nie, want dit
belemmer die smaak).
WENK: Meer Amarula kan gebruik word indien verkies.
Bron: Boerekos Kookengeniet
Plasing: Anel / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK 

HANNO (SE MA) SE SJOKOLADE KOEK

Picture
HANNO (SE MA) SE SJOKOLADE KOEK
BESTANDELE: 
250 ml suiker
125 ml olie
4 eiers
125 ml kookwater
250 ml koekmeel
3 ml sout
125 ml kakaopoeier
10 ml bakpoeier
METODE: 
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Skei die eiers en meng die eiergele saam met die suiker en die olie.
Voeg die kookwater by en roer goed.
Sif die meel, sout, kakaopoeier en 5 ml van die bakpoeier en voeg by die eiermengsel en meng saam.
Klop die eierwitte saam met die ander 5 ml van die bakpoeier en vou dit in die beslag in.
Verdeel eweredig in twee koekpannetjies en bak vir ongeveer 25 minute tot ‘n toetspen skoon uit kom.
Laat die koekpannetjies afkoel en keer dan om op ‘n draadrak sodat die koek kan afkoel tot by kamertemperatuur.
Klop ‘n blikkie Caramel Treat tot glad en blink.
Smeer ‘n dik laag tussen die twee koeklae en versier dan bo-op en aan die kante…
Die koek kan ook in ‘n enkellaag in ‘n groot tertbak gebak word.
Bron: Hanno se resepte
Plasing: Jana Prinsloo / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

GRONDBOONTJIE SJOKOLADE PAVE

Picture
SJOKOLADE GRONDBOONTJIE PAVE
1½ koppie drooggeroosterde, ongesoute grondboontjies
½ koppie witsuiker
½ koppie kakaopoeier, plus nog om oor die koek te strooi
¼ koppie koekmeel
¼ t plus ’n knippie sout
6 groot eiers
½ koppie donker bruinsuiker of melasse
340 g donkersjokolade van goeie gehalte, fyngekap
1 koppie kloproom
1½ e botter of margarine
½ koppie plus 2 e gladde grondboontjiebotter
½ t vanielje-ekstrak
AANWYSING:
Voorverhit die oond tot 170°C. Smeer ’n rolkoekpan van 45 cm x 30 cm liggies.
Voer met gesmeerde waspapier uit wat aan 2 kante oorhang.
Pols die grondboontjies en ¼ koppie suiker in ’n voedselverwerker tot fyn.
Hou ½ koppie van die grondboontjies eenkant.
Gaan voort om die oorblywende Grondboontjies poeierfyn te pols.
Voeg die kakao, meel en ¼ teelepel sout by; pols tot net gemeng.
Stel die menger op meduim spoed en klop die eiers, bruinsuiker en oorblywende
¼ koppie suiker in ’n groot bak tot dit in volume verdriedubbel en baie dik en wit is;
(die beslag moet sagte punte vorm wanneer die klitser opgelig word.)
Vou die kakaomengsel liggies in, wees versigtig dat die eiermengsel nie plat val nie.
Smeer ’n egalige laag van die beslag liggies in die voorbereide pan.
Bak vir 17 tot 19 minute of tot dit terugspring wanneer dit liggies in die middel gedruk word.
Gebruik die waspapier wat uitsteek en laat gly die koek vinnig en versigtig oor op ’n draadrak om heeltemal af te koel.
Plaas die sjokolade in ’n medium hittebestande bak terwyl die koek afkoel.
Verhit room in ’n medium pot tot dit aan die kante begin borrel.
Giet dit oor die sjokolade. Laat vir 1 minuut staan, roer dan tot glad.
Plaas 1 eetlepel van die mengsel in ’n klein herseëlbare plastieksakkie.
Neem ’n groot bak en met die menger op medium spoed, klop die botter, ½ koppie grondboontjiebotter en ’n knippie sout tot glad en romerig.
Hou die menger aangeskakel en voeg die gesmelte sjokolademengsel en daarna die vanielje geleidelik by.
Klop tot gemeng. Verkoel die mengsel vir 5 minute of tot dit so dik soos versiersuiker is.
Besprinkel die bolaag van die koek liggies met kakao.
Plaas die koek oor op ’n groot snybord waarop waspapier geplaas is; gooi die ander papier weg.
Sny die koek in vier reghoeke van 10 cm breed. Plaas een reghoek op ’n opdienbord.
Smeer ¼ van die versiersel egalig oor die koek, sprinkle ? van die oorblywende gekapte grondboontjies bo-or en bedek dan met nog ’n reghoek;
herhaal twee keer.
Smeer die oorblywende versiersuiker oor die koek.
Skep die oorblywende teelepels grondboontjiebotter in ’n klein herseëlbare plastieksakkie.
Mikrogolf dit op hoog vir 10 sekondes of tot loperig.
Knip ’n klein gaatjie in die hoek en spuit ’n dekoratiewe patroon oor die koek.
Sny ook ’n klein gaatjie in die sakkie met die oorblywende sjokolademengsel.
Versier verder met die sjokolade. Laat dit ten minste 1 uur tot 2 ure lank staan, of verkoel dit tot 2 dae lank in die yskas.
Bedien teen kamertemperatuur.
Bron: Sarie Kos
Plasing:  Henriette Wessels/ WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JON
GRONDBOONTJIEBOTTER EN SJOKOLADE KOEK
GRONDBOONTJIEBOTTER EN SJOKOLADE KOEK 

(MAAK EEN 22 CM-KOEK)
KOEK:
400 g (500 ml) suiker
250 g (450 ml) koekmeel
75 g (200 ml) kakao
7,5 ml bakpoeier
7,5 ml koeksoda
5 ml sout
2 eiers
250 ml karringmelk
15 ml vanielje-ekstrak
250 ml warm koffie
60 ml gladde grondboontjiebotter
115g (125 ml) ongesoute botter, gesmelt
VERSIERSEL
125 ml gladde grondboontjiebotter
115 g (125 ml) ongesoute botter, kamertemperatuur
325 g (625 ml) versiersuiker, gesif
75 g (200 ml) kakao, gesif
5 ml vanielje-ekstrak
135 ml room
METODE:
Verhit oond tot 180 ºC. Spuit 2 koekpanne van 22 cm met kleefwerende kossproei en voer uit met
bakpapier. Plaas al die droë bestanddele in groot bak.
Meng eiers, karringmelk en vanielje saam en voeg by droë bestanddele.
Meng warm koffie en grondboontjiebotter en botter saam tot gladde, sagte
mengsel. Voeg by beslag en meng goed. Verdeel beslag tussen die koekpanne en plaas in warm oond.
Bak vir 35 – 40 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
Haal koeke uit die oond en laat vir 10 minute in die panne afkoel. Keer koeke op afkoelrak uit en laat heeltemal afkoel.
VERSIERSEL:
Klop grondboontjiebotter en botter saam tot lig en romerig met ’n elektriese klitser.
Voeg versiersuiker en kakao geleidelik by en meng tot ’n stywe mengsel. Voeg vanielje en room by.
Meng weer tot gladde, romerige mengsel.
Gebruik ’n skerp mes en sny elke koek in 2 lae.
Plaas eerste laag op opdienbord en smeer ¼ van versiersel eweredig oor koek.
Herhaal tot al die lae bo-op mekaar gestapel is.
Bron: Sarie
Plasing & Foto: Joey Kruger / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK 
GEMMER NEUT SJOKOLADEKOEK
GEMMER NEUT SJOKOLADEKOEK

Maak 20 skywe
Bereiding: 10-15 minute
Staantyd: 10 minute
600 g donkersjokolade, in blokkies gebreek
125 g botter
100 g Brasiliaanse, pekan-makadamia- en kasjoeneute
100 g pampoenpitte
100 g sponsvingers, in stukke gebreek
175 g ingelegde gemmer, kleiner gesny
bessies vir voorsit (opsioneel)
METODE:
Spuit ’n silikon-broodpan van sowat 23 x 10 cm met kleefwerende sproei.
Smelt die sjokolade en botter in ’n glasbak in die mikrogolfoond tot glad. Roer gereeld.
Voeg die neute, pitte, sponsvingers en gemmer – stroop en al – by en meng deur. Werk vinnig, want dis byna weer gestol teen die tyd dat jy klaar gemeng het.
Skep in die broodpan en verkoel tot stewig.
Ontvorm en sny in skywe. Sit voor saam met bessies indien verkies.
Bron: Huisgenoot
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

FUDGE SJOKOLADE KOEK

Picture
SJOKOLADE FUDGE KOEK
2 k koekmeel
4 t bakpoeier
2 k suiker
1 k kakaopoeier
200 g sagte botter
3 eiers
1 k melk
125 ml sonneblom olie
¼ t sout
METODE:
Voorverhit oond na 180°C
Smeer 2 ronde koek panne
Meng alle bestandele saam in ‘n mengbak
Klits goed deur deel die deeg in 2 panne en bak vir 30 min tot gaar
Rus 5 min en keer uit koel heeltemal af en versier in die middel en bo-oor met volgende versiersel
METODE 2
Gooi in 315 ml room in kastrol en laat warm word, nie kook
Voeg by 200 g sjokolade, in blokkies gebreek
1 t stroop
knippie sout
1 t vanilla essens
Koel af en versier koek sprinkel gekapte neute oor as verkies of gebreekte peppermint crisp
Bron: Die Besige Huisvrou
Plasing; Vanessa Fourie Willemse / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK 

FRAMBOOS & SJOKOLADE KOEK

Picture
Lewer 1 koek
Bereiding: 10 minute
Baktyd: 25 minute
225 g botter
375 ml (1½ k) strooisuiker
4 eiers
310 ml (1¼ k) bruismeel
80 ml (⅓ k) kakaopoeier
2 ml (½ t) bakpoeier
VERSIERSEL
500 g roomkaas
125 ml (½ k) versiersuiker
80 ml (⅓ k) frambooskonfyt
vars frambose
kruisementtakkies vir garnering
METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 2 losboom-koekpanne van 20 cm elk.
Klits die botter en suiker tot lig en donsig. Voeg die eiers een-een by en klits goed ná elke byvoeging.
Sif die meel, kakaopoeier en bakpoeier in. Vou dit by die beslag in tot goed gemeng.
Verdeel die beslag tussen die koekpanne en sprei egalig uit.
Bak 25 minute of tot die koeke mooi gerys het en van die panne se kante af begin wegtrek. Haal uit en laat afkoel.
Sodra hulle afgekoel het, sny elke koek horisontaal deur met ’n getande mes.
VERSIERSEL:
Klits die roomkaas, versiersuiker en konfyt tot goed gemeng. Voeg die helfte van die frambose by en vou in.
Smeer ’n laag koek met versiersel en bedek met nog ’n laag koek en versiersel.
Herhaal tot al die koek en versiersel gebruik is.
Garneer met die oorblywende frambose en takkies kruisement.
Bron: Hope Malau
Plasing: Henriette Wessels/
WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
EIERLOSE SJOKOLADE KOEK 
EIERLOSE SJOKOLADE KOEK

750ml meel
500ml suiker
80ml kakao
4 teelepels bakpoeier
Knippie sout
Meng als goed
500ml kookwater
250ml olie
10ml witasyn meng saam.
Maak holte in meel mengsel gooi nat mengsel in
Meng goed deur
Bak op 180*C vir 25-30min
Bron: Eie Resep
Plasing & Foto: Amanda La Grange Kapp/WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

COCA-COLA SJOKOLADEKOEK

Picture
COCA COLA SJOKOLADEKOEK
500ml meel
500ml suiker
5ml sout
250g botter
45ml kakao
250ml coca-cola
375ml marshmallows, in kwarte gesny
5ml koeksoda
125ml karringmelk
2 eiers, geklits
5ml vanieljageursel
METODE:
Voorverhit oond na 180°C
Sif die meel en sout saam.
Voeg suiker by.
Verhit die botter, kakao en coca-cola saam tot die botter gesmelt is.
Verwyder van die hitte en voeg die marshmallows by. Roer tot die marshmallows gesmelt het.
Meng goed met die meel.
Los die koeksoda in die karringmelk op en voeg by die koekmengsel.
Voeg ook die eiers en vanielje by.
Gooi die mengsel in 'n gesmeerde koekpan.
Bak teen 180°C tot reg, ongeveer 45 minute.
VERSIERING: 
125g botter
45ml kakao
90ml coca-cola
500g versiersuiker
100g pekanneute, gekap
5ml vanieljegeursel
METODE:
Verhit die botter, kakao en coca-cola saam tot net voor kookpunt.
Voeg die versiersuiker by en meng goed.
Voeg meeste van die neute by asook die vanielje.
Versier die koek met die mengsel en strooi die res van die neute oor
ALTERNATIEF: Versier met Jellie Coke Botteltjies bo op die versiersuiker
Bron: Boerekos kook en geniet
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK



CHOCOLATE MOUSSE RANDKOEK
CHOCOLATE MOUSSE RANDKOEK

Skei 4 eiers en klits die wit styf saam met 1/2 T bakpoeier
Plaas in die yskas vir 5 min
Sif solank saam
1 K meel
1 K strooisuiker
2 T bakpoeier
Maak 'n holte in die meelmengsel en voeg die volgende bestanddele in die volgorde by.
Dis belangrik om dit in die volgorde te doen
1/2 K olie
2 E kakao
1/2 K kookwater
4 eiergele
Roer deur tot goed gemeng
Haal wit uit yskas en voeg by meelmengsel
Vou in tot goed gemeng
Gooi in gesmeerde randpan en bak 25 tot 30 min by 180 grade C
SJOKOLADE MOUSSE VULSEL
175 gr bitter sjokolade
14 gr botter
3 eiers geskei
1 E rum (indien verlang Jy kan dit ook vervang met 5 ml rum geursel)
1 E koffie ekstrak.
Ek maak vir my baie sterk koffie en voeg dit by as ek nie koffie ekstrak het nie.
Plaas die sjokolade en botter in bak en plaas die bak in warm water- nie kookwater nie.
Roer tot sjokolade heeltemal gesmelt is
Roer die geklitste eiergele koffie en rum by Klits die eierwitte so styf as moontlik en vou in die mengsel in.
Skep vulsel in randkoek.
Plaas in yskas sodat mousse kan set
Versier soos verkies.
Bron: Elsie Slabbert
Plasing & Foto: Elsie Slabbert / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK


BLACK FOREST KOEK 
BABA SE BLACK FOREST KOEK 
KOEK

125 ml kakao
250 ml kookwater
4 groot eiers (geskei)
375 ml strooi suiker
125 ml kookolie
5 ml vanielje geursel
450 ml koekmeelblom (ongesif afgemeet)
15 ml bakpoeier
2 ml sout
METODE:
Voorverhit oond tot 180° c.
Smeer 2 ronde of vierkantige koekpanne
Meng kakao en warm water tot opgelos
Laat afkoel
Klits eiergele en strooisuiker saam tot liggeel en sponsagtig
Roer kakao mengsel, kookolie en vanielje by eiermengsel
Sif droё bestandele saam en roer by
Klits eierwitte net tot styf en vou in deeg met metaal lepel giet in koekpanne.
Bak vir 25 – 30 min op middelrak tot gaar.
VULSEL:
1 middelslag groote bottel marachino kersies
500 ml vars room
50 ml strooisuiker
75 g sjokolade (gerasper of gevlok)
VERSIERING
Sny elke koek met gare draad deur sodat jy 4 lae het
Sprinkel 40 ml kersie sous oor elke laag koek voor jy die room opsmeer.
Klits room en strooisuiker styf en smeer dik oor 1ste laag koek.
Snipper kersies op room en plaas volgende laag koek op. Herhaal die proses tot al vier lae koek gestapel is.
Smeer room op boonste deel en garneer ruim met heel of halwe kersies en gerasperde sjokolade.
Bron: Dalene Brits / LR
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK 

BIERBOKS KOEK
TOOR MET BIERBOKSKOEK
VANILLA BIERBOKS KOEK
OF
SJOKOLADE BIERBOKS KOEK
BESTANDELE:

8 eiers
750 ml strooisuiker
500 ml kookwater (ek het die water met dubbeldik Griekse jogurt vervang)
150 ml sonneblomolie ( ek het dit vervang met gesmelte botter)
150 ml kakao ( jy kan dit vervang met koekmeel vir ‘n vanieljekoek)
5 ml vanielje
815 ml koekmeel
30 ml bakpoeier
Knypie sout
METODE:
Verhit die oond tot by 180˚C.
Klits die eiers en suiker saam totdat dit lig en romerig is.
Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
Giet die beslag in die uitgevoerde en gesmeerde bierboks.
Bak vir 35 minute.
Onthou oonde verskil en gooi maar ‘n ogie oor die koek hier van die 25e minuut af.
Sodra hy bietjie afgekoel het, maak jy die boks se nate los en vou hulle plat.
Plaas ‘n koelrakkie saggies bo-op die koek en keer die hele spul om.
Die boks, foelie en bakpapier behoort nou met gemak af te kom.
Versier die koek soos jy lus kry.
Bron: Boerekos Kook en Geniet
Plasing: Maggel Webster
Foto: Joey Kruger / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK 


BESTE MAKLIKSTE SJOKOLADEKOEK
BESTE MAKLIKSTE SJOKOLADEKOEK
maak 1 groot of 2 middelslagkoeke
500 ml (2 k) suiker
430 ml (1¾ k) koekmeel
180 ml (¾ k) kakao
8 ml (1½ t) bakpoeier
8 ml (1½ t) koeksoda
knypie sout
2 eiers, liggies geklop
250 ml (1 k) melk
125 ml (½ k) sonneblomolie
10 ml (2 t) vanieljegeursel
250 ml (1 k) kookwater
METODE:
Voorverhit die oond tot 180 ºC. Spuit twee 18 cm x 17 cm-hartjiekoekpanne of ‘n ronde, 23 cm-koekpan met kleefwerende kossproei.
Sif die suiker, meel, kakao, bakpoeier, koeksoda en sout saam in ‘n groot mengbak.
Meng die eiers, melk, olie en vanieljegeursel en voeg by die droë bestanddele. Meng vir 2 min. goed met ‘n elektriese klitser of met die hand.
Roer die water by (die beslag sal dun en loperig raak). Gooi in die bereide koekpanne.
Bak vir 30-40 min. tot gaar - ‘n toetspen moet skoon uitkom. Laat vir 10 min. in die pan afkoel. Keer uit en laat op ‘n draadrakkie afkoel.
Versier die koek met die botterversiersel.
BOTTERVERSIERSEL:
Klop 90 ml (¼ k + 2 e) sagte botter vir ±5 min. tot lig en donsig. Voeg 660 ml (2 + 2/3 k) versiersuiker by en dan 125 ml (½ k) kakao, meng deeglik. Roer laastens 80 ml (1/3 k) melk en 5 ml (1 t) vanieljegeursel deur.
Bron: Rooi Rose 
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK 

BASIESE SJOKOLADE OF WIT KOEK

Picture
SJOKOLADE OF WITKOEK
Hierdie koek is heerlik, ek bak geen ander koek nie.
4 eier
1½ k suiker
klits goed saam vir 10 min.( dit moet skuimerig geklits word)
VOEG BY: 
2 koppies Self Raising(gesif),
3 teelepels bakpoeier
bietjie sout
Meng goed deur
KOOK SAAM:
4 eetlepels kakao
1½ koppie water
8 eetlepels kookolie
Voeg lou vloeistof by beslag en meng deur.
Bak by 180*C vir ongeveer 30-35 min. ( Dit is twee koekpanne of plaatkoek beslag)
WITKOEK
Los kakao uit en voeg net een koppie water by
LEMOENKOEK:
½ botteljie lemoen essens
Wenk: Voeg die bakpoeier heel laaste by, dan rys jou koek beter.
Hoe langer die koek staan hoe klamer word dit. Ek voeg ook ½ teelepel karamel geursel by die beslag.
Bron:Tiana Botes
Plasing & Foto: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK