Maandag 02 Februarie 2015

SJOKOLADE EN AARBEI KRAKER KOEK
SJOKOLADE EN AARBEI KRAKER KOEK 
350 ml melk sjokolade
30 ml gouestroop
140 ml margarine
4 1/4 K graanvlokkies
1/2 k gekapte peka neute
Smelt die sjokolade margarine en gouestroop oor water tot gesmelt
Meng graanvlokkies en neute daarmee tot al die graanvlokkies en neute bedek is
Gooi in twee 20cm gesmeerde koekpanne en druk vas.
Plaas in yskas tot stewig en keer uit
Berei intussen die vulsel.
VULSEL: 
500 gr vars aarbeie
500 ml vars room
1 t vanieljegeursel
2 t suiker
Eksra suiker om oor aarbeie te strooi
Halveer 7 aarbeie en plaas in n bakkie
Strooi bietjie suiker oor
Sny die res van die aarbeie op en strooi bietjie suiker oor
Plaas aarbeie in yskas tot koek reg is
Klop die room styf met vanieljegeursel en 2 T suiker en deel in twee
Voeg opgesnyde aarbeie by een helfte van die room en plaas op een laag van koek
Sit ander laag bo-op en versier met ander helfte van die room
Rankskik deurgesyde aarbeie bo-op
Bron: Eie Resep
Plasing & Foto: Elsie Slabbert / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking