Maandag 02 Februarie 2015


KARRINGMELK SJOKOLADE KOEK 

Picture
KARRINGMELK SJOKOLADE KOEK
Beslis die moeite werd om te bak – lekker klam en maklik
Gebruik ’n broodpan van sowat 18 cm.
280 g (500 ml) meel
400 g (500 ml) suiker
80 g (200 ml) kakao
10 ml bakpoeier
2 eiers
5 ml sout
250 ml karringmelk
250 ml sonneblomolie
5 ml vanieljegeursel
250 ml kookwater
METODE:
Verhit jou oond tot 150 ºC. Plaas al die bestanddele in die mengbak van ’n elektriese menger. Meng teen medium-spoed totdat alles goed gemeng is. Gooi in die uitgevoerde en gesmeerde broodpan en bak vir 1 uur. Haal uit en laat afkoel voor jy die koek versier.
VERSIERSEL:
250 ml room
30 ml kakao, gesif
30 ml strooisuiker
Klits die room styf. Voeg die kakao en strooisuiker by en meng goed. Plaas in ’n spuitsak en versier die koek bo-op. Rangskik sjokoladekoekies bo-op.
Bron: SARIE KOS
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking