Maandag 02 Februarie 2015


FRAMBOOS & SJOKOLADE KOEK

Picture
Lewer 1 koek
Bereiding: 10 minute
Baktyd: 25 minute
225 g botter
375 ml (1½ k) strooisuiker
4 eiers
310 ml (1¼ k) bruismeel
80 ml (⅓ k) kakaopoeier
2 ml (½ t) bakpoeier
VERSIERSEL
500 g roomkaas
125 ml (½ k) versiersuiker
80 ml (⅓ k) frambooskonfyt
vars frambose
kruisementtakkies vir garnering
METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 2 losboom-koekpanne van 20 cm elk.
Klits die botter en suiker tot lig en donsig. Voeg die eiers een-een by en klits goed ná elke byvoeging.
Sif die meel, kakaopoeier en bakpoeier in. Vou dit by die beslag in tot goed gemeng.
Verdeel die beslag tussen die koekpanne en sprei egalig uit.
Bak 25 minute of tot die koeke mooi gerys het en van die panne se kante af begin wegtrek. Haal uit en laat afkoel.
Sodra hulle afgekoel het, sny elke koek horisontaal deur met ’n getande mes.
VERSIERSEL:
Klits die roomkaas, versiersuiker en konfyt tot goed gemeng. Voeg die helfte van die frambose by en vou in.
Smeer ’n laag koek met versiersel en bedek met nog ’n laag koek en versiersel.
Herhaal tot al die koek en versiersel gebruik is.
Garneer met die oorblywende frambose en takkies kruisement.
Bron: Hope Malau
Plasing: Henriette Wessels/
WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking