Maandag 02 Februarie 2015


CHOCOLATE MOUSSE RANDKOEK
CHOCOLATE MOUSSE RANDKOEK

Skei 4 eiers en klits die wit styf saam met 1/2 T bakpoeier
Plaas in die yskas vir 5 min
Sif solank saam
1 K meel
1 K strooisuiker
2 T bakpoeier
Maak 'n holte in die meelmengsel en voeg die volgende bestanddele in die volgorde by.
Dis belangrik om dit in die volgorde te doen
1/2 K olie
2 E kakao
1/2 K kookwater
4 eiergele
Roer deur tot goed gemeng
Haal wit uit yskas en voeg by meelmengsel
Vou in tot goed gemeng
Gooi in gesmeerde randpan en bak 25 tot 30 min by 180 grade C
SJOKOLADE MOUSSE VULSEL
175 gr bitter sjokolade
14 gr botter
3 eiers geskei
1 E rum (indien verlang Jy kan dit ook vervang met 5 ml rum geursel)
1 E koffie ekstrak.
Ek maak vir my baie sterk koffie en voeg dit by as ek nie koffie ekstrak het nie.
Plaas die sjokolade en botter in bak en plaas die bak in warm water- nie kookwater nie.
Roer tot sjokolade heeltemal gesmelt is
Roer die geklitste eiergele koffie en rum by Klits die eierwitte so styf as moontlik en vou in die mengsel in.
Skep vulsel in randkoek.
Plaas in yskas sodat mousse kan set
Versier soos verkies.
Bron: Elsie Slabbert
Plasing & Foto: Elsie Slabbert / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking