Maandag 02 Februarie 2015


BAR ONE SJOKOLADE KOEK
ELSIE SE NOTA: 
Henriette ek het op hierdie resep afgekom en hom gebak.
Ek het net 1 T wit asyn bygevoeg en die room verminder by die versiersel.
Dis 'n ongelooflike lekker klam koek en smaak hemels.

BAR ONE KOEK
BESTANDELE:

150 g botter
250 ml suiker
3 eiers
500 ml meel
10 ml bakpoeier
3 ml koeksoda
2 ml sout
250 ml karringmelk
45 ml kakao
80 ml kookwater
METODE:
Meng die kookwater met kakao en plaas eenkant
Sif droë bestanddele saam
Room botter en suiker tot lig en donsig
Klits eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging
Meng droë bestanddele om die beurt met die karringmelk by.
NOTA: Ek voeg 1 T wit asyn by die karringmelk voor ek dit byvoeg
Gooi in gesmeerde ringpan
Bak by 180 grade C vir 40 tot 50 min
Laat effens in die pan afkoel vir 10 min
Keer uit Laat afkoel en versier
VERSIERSEL:
100 ml vars room ( ek gebruik net 80 ml anders is versiersel te loperig)
1 x 55g Bar One opgekap
100 g donker sjokolade in stukke gebreek
Plaas in 'n glasbak en mikrogolf op 50 % krag vir 2 tot 4 min.
Roer elke min om.
Laat afkoel en gooi oor koek
Bron: Sasko
Plasing & Foto: Elsie Slabbert / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking