Maandag 02 Februarie 2015


MINI SJOKOLADE KOEKE

Picture
MINI SJOKOLADE KOEKE 
Maak:6-10
Baktyd: 20-40 minute
Oondtemperatuur: 150 ºC
180 g donkersjokolade,  gekap
150 g (165 ml) botter
5 groot eiers, geskei
35 g (110 ml)  kakaopoeier
220 g (250 ml) strooisuiker
100 g gemaalde amandels
GANACHE 
90 g donkersjokolade, gekap
100-125 ml room
METODE:
Smelt die sjokolade en botter saam in ’n
kastrol oor ’n lae hitte. Sit eenkant om effens af te koel.
Roer die eiergele, kakao en suiker by.
Klop die  eierwitte in ’n aparte bak tot stywe punte vorm.
 Vou ’n kwart daarvan by die  sjokolademengsel in en vou Dan die res liggies in.
Strooi  die helfte van die gemaalde amandels oor, vou in en vou Dan die res in. 
Vir individuele koeke kan jy die beslag in gesmeerde oondvaste teekoppies of ramekins gooi,
 of gebruik ’n gesmeerde en gevoerde koekpan van 20 cm.
Bak vir omtrent 20 minute in die verhitte oond of tot ’n toetspen skoon uitkom. 
Hoe groter die koppies of ramekins, hoe langer moet dit in die oond bly. 
Laat in die koppies, bakkies of pan afkoel.
GANACHE:
Verhit die sjokolade en room  saam tot die sjoko-lade gesmelt het.
Gebruik minder room vir ’n smeerbare versiersel of meer  room vir ’n versiersel wat jy kan oorgooi.
Laat afkoel en smeer of gooi oor die koek.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking