Maandag 02 Februarie 2015


GRONDBOONTJIE SJOKOLADE PAVE

Picture
SJOKOLADE GRONDBOONTJIE PAVE
1½ koppie drooggeroosterde, ongesoute grondboontjies
½ koppie witsuiker
½ koppie kakaopoeier, plus nog om oor die koek te strooi
¼ koppie koekmeel
¼ t plus ’n knippie sout
6 groot eiers
½ koppie donker bruinsuiker of melasse
340 g donkersjokolade van goeie gehalte, fyngekap
1 koppie kloproom
1½ e botter of margarine
½ koppie plus 2 e gladde grondboontjiebotter
½ t vanielje-ekstrak
AANWYSING:
Voorverhit die oond tot 170°C. Smeer ’n rolkoekpan van 45 cm x 30 cm liggies.
Voer met gesmeerde waspapier uit wat aan 2 kante oorhang.
Pols die grondboontjies en ¼ koppie suiker in ’n voedselverwerker tot fyn.
Hou ½ koppie van die grondboontjies eenkant.
Gaan voort om die oorblywende Grondboontjies poeierfyn te pols.
Voeg die kakao, meel en ¼ teelepel sout by; pols tot net gemeng.
Stel die menger op meduim spoed en klop die eiers, bruinsuiker en oorblywende
¼ koppie suiker in ’n groot bak tot dit in volume verdriedubbel en baie dik en wit is;
(die beslag moet sagte punte vorm wanneer die klitser opgelig word.)
Vou die kakaomengsel liggies in, wees versigtig dat die eiermengsel nie plat val nie.
Smeer ’n egalige laag van die beslag liggies in die voorbereide pan.
Bak vir 17 tot 19 minute of tot dit terugspring wanneer dit liggies in die middel gedruk word.
Gebruik die waspapier wat uitsteek en laat gly die koek vinnig en versigtig oor op ’n draadrak om heeltemal af te koel.
Plaas die sjokolade in ’n medium hittebestande bak terwyl die koek afkoel.
Verhit room in ’n medium pot tot dit aan die kante begin borrel.
Giet dit oor die sjokolade. Laat vir 1 minuut staan, roer dan tot glad.
Plaas 1 eetlepel van die mengsel in ’n klein herseëlbare plastieksakkie.
Neem ’n groot bak en met die menger op medium spoed, klop die botter, ½ koppie grondboontjiebotter en ’n knippie sout tot glad en romerig.
Hou die menger aangeskakel en voeg die gesmelte sjokolademengsel en daarna die vanielje geleidelik by.
Klop tot gemeng. Verkoel die mengsel vir 5 minute of tot dit so dik soos versiersuiker is.
Besprinkel die bolaag van die koek liggies met kakao.
Plaas die koek oor op ’n groot snybord waarop waspapier geplaas is; gooi die ander papier weg.
Sny die koek in vier reghoeke van 10 cm breed. Plaas een reghoek op ’n opdienbord.
Smeer ¼ van die versiersel egalig oor die koek, sprinkle ? van die oorblywende gekapte grondboontjies bo-or en bedek dan met nog ’n reghoek;
herhaal twee keer.
Smeer die oorblywende versiersuiker oor die koek.
Skep die oorblywende teelepels grondboontjiebotter in ’n klein herseëlbare plastieksakkie.
Mikrogolf dit op hoog vir 10 sekondes of tot loperig.
Knip ’n klein gaatjie in die hoek en spuit ’n dekoratiewe patroon oor die koek.
Sny ook ’n klein gaatjie in die sakkie met die oorblywende sjokolademengsel.
Versier verder met die sjokolade. Laat dit ten minste 1 uur tot 2 ure lank staan, of verkoel dit tot 2 dae lank in die yskas.
Bedien teen kamertemperatuur.
Bron: Sarie Kos
Plasing:  Henriette Wessels/ WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JON

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking