Maandag 02 Februarie 2015

2414552.jpgSJOKOLADE KOEK MET VRUGTE 
SJOKOLADE KOEK MET VRUGTE
KOEK

500 g aarbeie of enige vars bessies of appelliefies, kleiner gesny indien nodig
1 plak (100 g) donkersjokolade,
in stukke gekap (opsioneel)
180 ml (¾ k) fyn amandels
750 ml (3 k) koekmeel
350-500 ml witsuiker
90 ml (6 e) kakao
10 ml (2 t) koeksoda
160 ml (²⁄³ k) olie
30 ml (2 e) asyn
10 ml (2 t) vanieljegeursel
500 ml (2 k) koue water
JOGURT-GANACHE
200 g (2 plakke) donkersjokolade, in stukkies gebreek
175 ml (1 houer) natuurlike jogurt
aarbeihelftes vir versiering (opsioneel)
METODE: 
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondpan.
KOEK 
Plaas die vrugte en sjokolade in ’n mengbak en voeg die amandels by. Hou eenkant.
Sif die droë bestanddele saam en maak ’n holte in die middel.
Klits die olie, asyn, vanieljegeursel en water saam in ’n ander bak en giet in die holte. Klits tot goed gemeng. Vou die vrugte, sjokolade en amandels in.
Skep in die oondpan. Stamp dit liggies om van die grootste lugborrels ontslae te raak en bak sowat 30-40 minute tot gaar en tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Bedek met tinfoelie as die koek te donker word.
JOGURT-GANACHE 
Smelt die sjokolade en meng met die jogurt.
Verkoel tot effens verdik, klop af en toe en skep oor die koek. Laat staan tot stewig. Sny in blokkies en versier met aarbeie indien verkies.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking