Maandag 02 Februarie 2015

MIKROGOLF - SJOKOLADE MOKKA KOEK
SJOKOLADE MOKKA KOEK IN DIE MIKROGOLF
Jy maak eintlik dieselfde koek twee keer, met ’n klein verskil.

Lewer 12 snye
Bereiding: 15 minute
Baktyd: 24-30 minute

SJOKOLADEKOEK
250 ml (1 k) koekmeel
250 ml (1 k) suiker
15 ml (1 e) bakpoeier
1 ml (¼ t) sout
45 ml (3 e) kakao
5 ml (1 t) vanieljegeursel
250 ml (1 k) kookwater
60 ml (¼ k) olie
2 ekstragroot eiers, geklits
MOKKA-KOEK
sjokoladekoekbestanddele (sonder kakao)
45 ml (3 e) ekstra meel
30 ml (2 e) kitskoffie, opgelos in die koppie
kookwater
BOTTERVERSIERSEL
125 g sagte botter
250 g versiersuiker, gesif
10 ml (2 t) sterk kitskoffie, opgelos in 15 ml
(1 e) kookwater
GANACHE
100 g donkersjokolade, in blokkies gebreek
60-75 ml (4-5 e) room
METODE: 
Voer die boom van twee 2 L-roomysbakke met kombuispapier uit.
SJOKOLADEKOEK Sif al die droë bestanddele saam. Meng die res van die bestanddele en klits dit by die droë bestanddele. Meng goed. Giet in een van die roomysbakke. Plaas die bak op ’n omgekeerde piering in die mikrogolfoond en mikrogolf 12-15 minute. Laat 5 minute afkoel, keer uit en trek die papier af.
MOKKA-KOEK Berei soos die sjokoladekoek, maar laat die kakao uit en gebruik die ekstra bestanddele.
BOTTERVERSIERSEL Verroom die botter. Voeg die versiersuiker geleidelik by. Klits tot lig en donsig. Voeg die koffiemengsel by en klits weer.
GANACHE Smelt die blokkies sjokolade en die room 1 minuut saam in die mikrogolfoond.
Roer gereeld. Laat effens afkoel.
Halveer elke koek, smeer versiersel tussen die lae en pak op mekaar.
Smeer die ganache oor die boonste laag.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking