Maandag 02 Februarie 2015


SJOKOLADE KOEK 

Picture
SJOKOLADE KOEK 
8 eiers, geskei
420 g (500 ml) strooisuiker
250 ml sonneblomolie
250 ml warm water
280 g (500 ml) koekmeel
30 ml bakpoeier
60 ml kakao
5 ml sout
100 ml Frangelico-likeur, of enige ander van jou keuse
BOTTER VERSIERSEL 
500 g botter
650 g (1 250 ml) versiersuiker, gesif
80 ml kakao, gesif
250 g aarbeie
METODE:
Verhit oond tot 180 °C.
Spuit twee losboompanne van 30 cm elk met kleefwerende sproei en voer uit met bakpapier.
Klits eiergele en suiker goed in 'n middelslag-mengbak.
Voeg olie en water by en meng goed.
Sif droë bestanddele saam en meng by oliemengsel.
Klits eierwitte met 'n elektriese klitser tot sagte punte vorm en vou by beslag in.
Verdeel mengsel tussen twee panne en bak vir 30 - 35 minute of tot 'n toetspen skoon uitkom.
Sprinkel Frangelico oor en laat afkoel.
Room botter vir versiersel tot lig en romerig in jou elektriese menger.
Voeg versiersuiker en kakao by. Meng goed. Verdeel elke koek in twee helftes met 'n skerp mes.
Verdeel versiersel tussen elke laag en plaas op mekaar.
Eindig met versiersel bo-op.
Sit aarbeie op en sit voor.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking