Maandag 02 Februarie 2015


KARAMELMOUSSE SJOKOLADEKOEK
KARAMELMOUSSE SJOKOLADEKOEK
KOEK

750 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
375 ml bruinsuiker
5 ml koeksoda
80 ml kakao
2 ml sout
250 ml olie
15 ml vanieljegeursel
60 ml wit druiweasyn
500 ml kookwater
KARAMELMOUSSE
1 x 360 g blik karamelkondensmelk
250 ml room
30 ml karamelgeur-kitspoedingpoeier
500 ml karamelspringmielies, om oor te sprinkel
VIR DIE KOEK:
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n standaardoondpan en voer uit met bakpapier.
Meng die droë bestanddele in ’n groot bak.
Klits die olie, vanieljegeursel, asyn en kookwater saam en voeg by die droë bestanddele. Meng goed tot glad en giet in die oondpan.
Smeer gelyk en bak vir 25-30 minute, of tot ’n toetspen skoon uit die hoogste deel van die koek kom.
Haal uit die oond en laat vir 15 minute in die pan afkoel voor jy die koek uitkeer, die bakpapier aftrek en verder op ’n draadrak laat afkoel.
VIR DIE KARAMELMOUSSE: Klits die karamelkondensmelk, room en karamelgeur-kitspoedingpoeier vir vyf minute teen ’n hoë spoed tot lig en donsig.
Laat staan vir 10 minute, klop weer en smeer dan egalig oor die hele koek.
Sprinkel karamelspringmielies oor net voordat die koek voorgesit word. Bedien met koffie. Lewer 20 porsies.
NOTA: Dis 'n staatmakerresep vir verjaardagkoek, om vir markdag skool toe te stuur of, met ’n sous of mousse, as indrukwekkende nagereg voor te sit.
Bron: Arina du Plessis
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking