Maandag 02 Februarie 2015

MINI SJOKOLADE KOEKIES 
MINI SJOKOLADE KOEKIES

Hierdie heerlike mini-koekies is regtig verspot maklik om te maak – gooi net die bestanddele bymekaar en klits.
Lewer 8 minikoekies
Bereiding: 5 min.
Bak: 45 min.
KOEK
500 ml (2 k) koekmeel
80 ml ( k) kakao
250 ml (1 k) fyn amandels
10 ml (2 t) bakpoeier
375 ml (1½ k) bruinsuiker
200 g botter, gesmelt
3 eiers
250 ml (1 k) karringmelk
GANACHE
150 g donkersjokolade
125 ml (½ k) room of natuurlike jogurt
AFRONDING
24-30 mini-meringues
METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C. S
puit 8 klein ramekins en bestuif met meel.
Plaas bakpapier op ’n bakplaat; spuit en bestuif dit met mielieblom.
KOEK:
Plaas al die bestanddele in ’n groot mengbak en klits baie goed. Skep die pannetjies driekwart vol en bak sowat 45 min. of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Keer uit op ’n draadrakkie om heeltemal af te koel. Verlaag die oondtemperatuur tot 100 °C.
GANACHE:
Smelt die sjokolade; roer die room of jogurt by. Laat effens afkoel tot smeerbaar.
AFRONDING:
Plaas die koekies op ’n opdienbord en smeer die ganache oor die hele koekie. Pak die meringues bo-op en laat staan om te verstewig. Stuif met versiersuiker indien verkies.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking