Maandag 02 Februarie 2015


AARTAPPEL SJOKOLADE KOEK 

Picture
SJOKOLADE AARTAPPELKOEK
(Vols Vreemd soos Oom Oubaas nou sal se)
Genoeg vir: 8
Bereidingstyd: 30 minute
Baktyd: 30 minute
Oondtemperatuur: 190 °C
180 ml (165 g) botter
300 ml (260 g) strooisuiker
75 g donkersjokolade, gesmelt
120 g fynaartappels
3 groot eiers, geklits
480 ml (260 g) bruismeel
5 ml fyn kaneel
90mlmelk
VULSEL:
150 g donkersjokolade
150 ml room
140 ml (75 g) versiersuiker
60 ml Amarula-likeur of melk
METODE:
Smeer en voer drie 20 cm-koekpanne.
Klits die botter en suiker saam tot lig. Klits die gesmelte sjokolade en fynaartappels by.
Klits die eiers een-een by; voeg ’n bietjie meel by saam met elke eier. Vou die res van die meel, die kaneel en 1 ml sout in en vou dan die melk in.
Verdeel tussen die panne en bak in die verhitte oond vir 30 minute of tot deurgaar. Haal uit en laat afkoel.
Vulsel Smelt die sjokolade en roer die res van die bestanddele by. Laat afkoel en smeer oor die koek.
Bron: Onbekend
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESETPE VIR OUD EN JONK 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking