Maandag 02 Februarie 2015

BESTE MAKLIKSTE SJOKOLADEKOEK
BESTE MAKLIKSTE SJOKOLADEKOEK
maak 1 groot of 2 middelslagkoeke
500 ml (2 k) suiker
430 ml (1¾ k) koekmeel
180 ml (¾ k) kakao
8 ml (1½ t) bakpoeier
8 ml (1½ t) koeksoda
knypie sout
2 eiers, liggies geklop
250 ml (1 k) melk
125 ml (½ k) sonneblomolie
10 ml (2 t) vanieljegeursel
250 ml (1 k) kookwater
METODE:
Voorverhit die oond tot 180 ºC. Spuit twee 18 cm x 17 cm-hartjiekoekpanne of ‘n ronde, 23 cm-koekpan met kleefwerende kossproei.
Sif die suiker, meel, kakao, bakpoeier, koeksoda en sout saam in ‘n groot mengbak.
Meng die eiers, melk, olie en vanieljegeursel en voeg by die droë bestanddele. Meng vir 2 min. goed met ‘n elektriese klitser of met die hand.
Roer die water by (die beslag sal dun en loperig raak). Gooi in die bereide koekpanne.
Bak vir 30-40 min. tot gaar - ‘n toetspen moet skoon uitkom. Laat vir 10 min. in die pan afkoel. Keer uit en laat op ‘n draadrakkie afkoel.
Versier die koek met die botterversiersel.
BOTTERVERSIERSEL:
Klop 90 ml (¼ k + 2 e) sagte botter vir ±5 min. tot lig en donsig. Voeg 660 ml (2 + 2/3 k) versiersuiker by en dan 125 ml (½ k) kakao, meng deeglik. Roer laastens 80 ml (1/3 k) melk en 5 ml (1 t) vanieljegeursel deur.
Bron: Rooi Rose 
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking