Maandag 02 Februarie 2015


SJOKOLADE KOEK

Picture
SJOKOLADE KOEK
Maak:
 1 x 26 cm-koek
Bereidingstyd: 30 minute
Baktyd: 1 uur
Oondtemperatuur: 180°C
790 ml (440 g) koekmeel
125 ml (40 g) kakaopoeier
20 ml bakpoeier
260 ml (240 g) botter
370 ml (320 g) strooisuiker
4 groot eiers
275 ml melk
3/4 hoeveelheid botterversiersel of sjokolade-ganache (resep hier onder)
vars bessies vir versiering
METODE:
Sif die meel, kakaopoeier, bakpoeier en ’n knippie sout in ’n bak. Klop die botter en suiker saam tot lig. Voeg die eiers een-een by en
klop elke keer goed.
Vou die meelmengsel om die beurt met die melk by die botter- mengsel in tot alles net-net gemeng is. Gooi die beslag in ’n gesmeerde
en gevoerde koekpan van 26 cm of twee 20 cm-panne. Bak in die verhitte oond vir ’n uur of tot ’n toetspen skoon uitkom.
Haal uit die oond en laat in die pan afkoel vir 10 minute. Keer dan uit en laat heeltemal afkoel op ’n draadrakkie. Smeer botterversiersel
of sjokolade-ganache aan en versier met vars bessies.
SJOKOLADE GANACHE:Verhit 250 ml room in ’n kastrol oor lae hitte. Voeg 200 g donkersjokolade-stukkies by en roer tot gesmelt. Haal van
die plaat af en laat afkoel. Sit in die yskas tot verdik. Klop tot lig en glad.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking