Maandag 02 Februarie 2015

GRONDBOONTJIEBOTTER EN SJOKOLADE KOEK
GRONDBOONTJIEBOTTER EN SJOKOLADE KOEK 

(MAAK EEN 22 CM-KOEK)
KOEK:
400 g (500 ml) suiker
250 g (450 ml) koekmeel
75 g (200 ml) kakao
7,5 ml bakpoeier
7,5 ml koeksoda
5 ml sout
2 eiers
250 ml karringmelk
15 ml vanielje-ekstrak
250 ml warm koffie
60 ml gladde grondboontjiebotter
115g (125 ml) ongesoute botter, gesmelt
VERSIERSEL
125 ml gladde grondboontjiebotter
115 g (125 ml) ongesoute botter, kamertemperatuur
325 g (625 ml) versiersuiker, gesif
75 g (200 ml) kakao, gesif
5 ml vanielje-ekstrak
135 ml room
METODE:
Verhit oond tot 180 ºC. Spuit 2 koekpanne van 22 cm met kleefwerende kossproei en voer uit met
bakpapier. Plaas al die droë bestanddele in groot bak.
Meng eiers, karringmelk en vanielje saam en voeg by droë bestanddele.
Meng warm koffie en grondboontjiebotter en botter saam tot gladde, sagte
mengsel. Voeg by beslag en meng goed. Verdeel beslag tussen die koekpanne en plaas in warm oond.
Bak vir 35 – 40 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
Haal koeke uit die oond en laat vir 10 minute in die panne afkoel. Keer koeke op afkoelrak uit en laat heeltemal afkoel.
VERSIERSEL:
Klop grondboontjiebotter en botter saam tot lig en romerig met ’n elektriese klitser.
Voeg versiersuiker en kakao geleidelik by en meng tot ’n stywe mengsel. Voeg vanielje en room by.
Meng weer tot gladde, romerige mengsel.
Gebruik ’n skerp mes en sny elke koek in 2 lae.
Plaas eerste laag op opdienbord en smeer ¼ van versiersel eweredig oor koek.
Herhaal tot al die lae bo-op mekaar gestapel is.
Bron: Sarie
Plasing & Foto: Joey Kruger / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking