Maandag 02 Februarie 2015

BASIESE MADEIRA KOEK VIR HARTE
BASIESE MADEIRAK KOEK VIR HARTE
NOTA: Ek het die koek bestandele in twee langwerpige koekpanne gebak anders is dit te dik vir my om klein hart koekies te maak.
RESEP:
AANWYSINGS:

Stel die oond op 180 grade C (350 grade F)
Voer die boom van die koekpan met kleefvrye bakpapier.
750 ml (375g, 3 k) meelblom
15 ml (1 e) bakpoeier
Knippie sout
250g botter of margarien
375 ml (300g, 1 ½ k) strooisuiker
10 ml (2 t) Vanielje essens
4 groot eiers (kampertemtratuur)
250ml (1 k) melk (voedselkleursel kan met ‘ toetspen of drupper hierby gevoeg word.)
METODE:
Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
Maak die botter sag met houtlepel of elekriese klitser.
Voeg die strooisuiker geleidelik by en klop die mengsel tot liggeel, lig en donsig.
Voeg die vanielje essens by en voeg daarna die eiers ( individueel geklits) een een by saam met 15 ml (1 e) meel vir elke eier om te voorkom dat die mengsel skif.
Gebruik ‘n metaallepel of sptel en vou die orige meel en melk liggies in die mengsel in. Meng so min as moontlik – die bestanddele moet bloot egalig versprei wees in ‘n sagte beslag.
Giet die mengsel in die voorbereide koekpan, maak bo op gelyk en bak sowat 40-45 minute Toets , met ‘n toetspen wanneer jy dink dat die koek gereed is.
Laat die koek 10 minute in die koekpan afkoel. Maak die kante los met ‘n mes met ‘n glade lem en keer uit op ‘n draadrak. Verwyder kleefvrye bakpapier.
Moet nooit die koek oderstebo laa afkoel nie keer di tom met die bokant bo en laat dit op die draadrak afkoel op ‘n plek in die kombuis waar dit nie in ‘n trek sal staan nie.
VARIASIES:
SJOKOLADE KOEK:
Vervang 75 ml (37.5g, 1/3 k, 6 e)van die meel met Kakao.
Bron: Partytjiekoeke vir kinders

SJOKOLADE SOUS VIR ROOMYS
NOTA: As die  sousie lekker afgekoel is, is hy lekker dik
1 ½ koppie Milo
½ koppie Suiker
½ koppie Melk
METODE:
Kook alles saam.
Laat afkoel en bedien
Wat oorbly , stoor in yskas tot later.
Baie baie lekker!
Bron: Boerekos.com
Plasing & Foto: Joey Kruger / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking